Leesplan inligting

Die Goeie WerkVoorbeeld

The Good Work

DAG 2 VAN 7

Voorbereiding om te Werk



Om uit te vind wat jou doel is, is opwindend. Wie sou nie opgewonde wees om werk te doen waaroor hulle passievol is, vir die beswil van God se mense nie?



Maar wanneer die aanvanklike opwinding verflou, begin jy die beplanning oordink. Watter soort voorbereidings sal die werk benodig? Is jy toegerus om dit te doen? Het jy die tyd om dit te doen? Hoe meer jy hierdie vrae oordink, hoe meer wonder jy: "Kan ek dit regtig doen?"



Dit is op hierdie stadium wat baie mense moed verloor. Die werk is te groot, te moeilik, te intens.



Skep moed. As God aan jou werk gegee het, sal Hy jou die nodige middele gee om daardie werk te doen.



Lees 'n bladsy uit Nehemia. Hy het hulp nodig gehad—van niemand anders as die Koning van Persië nie, by wie hy as skinker gedien het. Skinkers het nie sommer vir konings gunste gevra nie. Nehemia vertel dat hy ”baie bang” was toe hy uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om met die koning te praat. Hy kon homself daarvan oortuig het dat die herbou van die muur rondom Jerusalem nie regtig die werk was wat God vir hom beplan het nie. Hy kon weggeloop het.



Maar ondanks sy vrees het Nehemia gepraat. Hy beskryf die muur aan die koning in die fynste besonderhede—hoe dit in puin lê en die poorte verbrand is. Hy het sy hart vir sy mense met die koning gedeel. Daarop vra hy die koning vir die tyd en voorrade wat hy nodig het om die muur te herbou.



En die koning—wat geen belang gehad het in die welstand van Nehemia se mense nie—was bly om Nehemia te stuur om hierdie werk te doen. Deur die koning, het God vir Nehemia presies gegee wat hy nodig gehad het.



Terwyl jy Nehemia 2 lees, dink na oor die werk wat God voor jou plaas. Wat het jy nodig om dit te doen? Is daar enige uitdagende behoeftes? Vra jy jouself af of jy toegerus is vir die taak? As dit so is, soek God op en vra Hom vir die hulp wat jy nodig het. Neem dan met waagmoed 'n tree vorentoe in die wete dat God jou die middele sal gee om sy werk te doen.



Bid: Vra vir God om alles aan jou te voorsien wat nodig is om die werk te doen wat Hy vir jou beplan het. 



Lees meer oor die boodskapreeks "The Good Work".


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Good Work

Dis dalk nie vir jou moontlik om die hele wêreld te verander nie, maar jy kan jou deel daarvan verander. Wat is jou doel? Wat is jou verhaal? Wat wil God deur jou doen? Vind uit deur Nehemia se ondervindinge in hierdie n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid