Leesplan inligting

Herken God se stemVoorbeeld

Herken God se stem

DAG 1 VAN 7

My familie het ’n lang geskiedenis met die Dallas Cowboys. Ek was nog baie jonk toe hul legendariese afrigter, Tom Landry, vir my pa (wat toe ’n jong 30-jarige prediker was) gevra het om die span se eerste kapelaan te wees. 


In my kinderjare het my pa my af en toe na hul wedstryde saamgeneem. Ek onthou hoe ek op die veld geloop het by die Texas-stadion. Van grondvlak het die veld soos ’n enorme groen tapyt in alle rigtings gestrek en die paviljoene het gelyk asof hulle tot in die hemel strek. My helderste herinnering is aan Tom Landry, die afrigter. Hy het vir my soos ’n reus gelyk, sy bekende hoedjie bokant vriendelike, bedagsame, glimlaggende oë wat ’n stille krag uitstraal. Almal het hom bewonder.


Nog iemand wat die Cowboys versinnebeeld het, was Roger Staubach, die quarterback wat die ouens tot oorwinning gelei het in die Super Bowl-kampioenskappe van die 1970’s. Dit was ’n bietjie voor my tyd, natuurlik, maar ek onthou hom, asook sy vriendskap met Tom Landry. Hulle was albei Christene en amper soos pa en seun. Hulle was egter nie van die begin af so na aan mekaar nie. Staubach het erken dat hy dikwels as speler in opstand gekom het teen die afrigter se leierskap.


Ten spyte van sy respek vir Landry se geniale rugby-strategie, wou Staubach die vryheid hê om self die spel te bepaal, om die spel met sy eie benadering te lei. Hy het gedink hy weet die beste hoe om die Cowboys se verdediging te hanteer. Op sy manier.


Staubach het uiteindelik op die punt gekom waar hy besef het hy moet besluit. Gaan hy teen die afrigter se gesag in opstand kom? Of gaan hy volg waar sy afrigter lei? “Ek het te staan gekom voor die kwessie van gehoorsaamheid”, het Staubach later gesê. “Toe ek geleer het hoe om gehoorsaam te wees, was daar harmonie, vervulling en oorwinning.” Ja, baie oorwinnings.


Daar het jy dit. Die een woord waarvan vryheid, vervulling en oorwinning vir ons almal afhang. 


Gaan ons ... gehoorsaam wees?


As dit klink asof ons hierdie reis aan die verkeerde kant van die aksieplan begin deur gehoorsaamheid te bespreek voordat ons praat oor hoe om God se stem te hoor, laat ek jou vertel wat ek as die waarheid geleer het. Die kwessie van gehoorsaamheid is die alfa en omega van hoe ons God se stem hoor. Gehoorsaamheid is nie net een van die sleutels nie. Dit is dié sleutel wat al God se seëninge vir ons ontsluit.


Om meer te leer oor hoe om God se stem te herken, gaan na LifeWay.com/DiscerningTheVoiceofGod. Jy kan hier ook video’s en ander hulpbronne van Priscilla Shirer kry.


PSALM 32:8


JOHANNES 14:21

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Herken God se stem

Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan o...

More

Ons wil graag LifeWay Women bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lifeway.com/DiscerningTheVoiceOfGod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid