Leesplan inligting

Wanneer die huwelik moeilik raakVoorbeeld

When Marriage Gets Hard

DAG 1 VAN 5

'n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees. Spreuke 19:11



'n Bejaarde ouma het vir middagete gegaan met haar kleindogter wat op troue staan. Die kleindogter het nog altyd groot bewondering gehad vir haar grootouers se huwelik. Sy wou, net soos hulle, getroud bly vir meer as vyftig jaar. Dus het sy hierdie geleentheid gebruik om 'n bietjie wysheid van haar ouma te bekom oor hoe om 'n huwelik sterk te hou. 



"Ouma," het sy gevra, "Wat het jy gedoen om so 'n lang en bevredigende huwelik te hê?"



"O, dit is eenvoudig," het haar ouma geantwoord sonder om te aarsel. "Toe ons getrou het, het ek besluit om tien van jou oupa se foute neer te skryf en vir ons huwelik se onthalwe sou ek kies om hulle mis te kyk." 



"Regtig?" het die toekomstige bruid gevra. "Kan jy van hulle opnoem?" het sy aangegaan, met die hoop om 'n voorbeeld te kry wat haar sou help om self ook te kies.



"Ek weet nie," het haar ouma geantwoord. "Ek het hulle egter nooit neergeskryf nie. Wanneer jou oupa iets gedoen het wat my bloed laat kook het, het ek vir myself gesê: 'Hy kan bly wees dit is een van die tien.'"



As jy getroud is, weet jy teen hierdie tyd dat jy nie met 'n volmaakte mens getrou het nie. Almal het foute, swakhede en selfs eienaardighede. Heel dikwels kom hierdie dinge eers na vore nadat jy gesê het: "Ek belowe." Om egter dag in en dag uit saam met iemand te lewe, laat baie dinge na vore kom. Om fout te vind is ongelukkig een van die mees tragiese dinge wat met 'n huwelik kan gebeur. Hoofsaaklik omdat daar so baie foute aan beide kante gevind kan word. 



God leer ons egter hoe om 'n gees van liefde en eenheid in ons huwelik te behou as Hy ons in Spreuke vertel dat dit tot ons eie eer is om iemand se foute mis te kyk. Een manier om dit te doen, is om altyd te begin deur die voordeel van die twyfel te bied. In plaas daarvan om tot oorhaastige gevolgtrekkings te kom oor jou huweliksmaat se tekortkominge, foute en eienaardighede, veronderstel eers die beste. Laat dit altyd die vertrekpunt van jou vrae wees wanneer jy probeer om die huidige situasie te verstaan. Sou daar dan werklikwaar 'n fout ter sprake wees (wat wel van tyd tot tyd daar sal wees), sien dit oor. Laat dit oorwaai. Los dit. Nie omdat ons so sê nie, maar omdat God so sê. 



Groei nader aan mekaar in jou huwelik deur die krag van gebed in dié nuttige boek, "Prayers of Blessing Over My Marriage", by hierdie skakel


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When Marriage Gets Hard

Huweliksprobleme kan enigeen onderkry, maar God het wysheid in sy Woord wat 'n moeilike huwelik in 'n vreugdevolle een kan verander. New York Times se topverkoper, Bruce Wilkinson en Heather Hair, span in hierdie 3-dag l...

More

Baie dankie aan Harvest House Uitgewers, tesame met skrywers Bruce Wilkinson en Heather Hair, wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Prayers-Blessing-over-My-Marriage/dp/0736971858/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1548699562&sr=8-1&keywords=prayers+of+blessing+over+my+marriage

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid