Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood - Bybelse GrondbeginselsVoorbeeld

Our Daily Bread - Bible Basics

DAG 8 VAN 12

 


Om God deur die Nuwe Testament te leer ken



Die Nuwe Testament is 'n versameling kleiner boeke. Die 27 boeke in hierdie "biblioteek" is oor 'n periode van 50 jaar (45-95 n. C.) geskryf, deur agt outeurs (Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Petrus, Paulus, Jakobus en Judas), asook een onbekende outeur (wat Hebreërs geskryf het). 



Die geskiedenis van die Ou Testament strek oor duisende jare, terwyl die Nuwe Testament maar net ongeveer een eeu dek. Nietemin was hierdie eeu die belangrikste in die mens se geskiedenis. Gedurende hierdie jare is Jesus Christus gebore, het Hy sy openbare bediening uitgevoer, is Hy gekruisig en opgewek. Die Messiaanse profesie is vervul en God se plan van verlossing is volvoer. Die geboorte, vestiging en aanvanklike uitbreiding van die kerk het ook gedurende hierdie eeu plaasgevind.



Die Nuwe Testament se boeke is nie gerangskik in die volgorde wat dit geskryf is nie. Dit is eerder in vier literêre groeperings geplaas:



1. Evangelies: Vier biografieë van Jesus Christus



2. Handelinge: Die geskiedenis van die vroeë kerk



3. Sendbriewe: Een en twintig sendbriewe wat die Christelike geloof en praktyk omskryf



4. Openbaring: 'n Visioen van die eindtyd 



Die woord testament beteken "verbond" of "ooreenkoms." Die Nuwe Testament vertel dus van 'n nuwe verhouding tussen God en sy mense—'n nuwe manier om God te leer ken. Die ou verbond was op die Mosaïese Wet gebaseer en is met die Joodse nasie gesluit. Die nuwe verbond (1 Korintiërs 11:25) is gesluit met mense van alle nasies wat deur geloof die verlossing aanvaar wat Jesus Christus bied.



Die 27 boeke van die Nuwe Testament is gevul met intense drama, geïnspireerde lering en praktiese onderrig. Volgens die Nuwe Testament, het hierdie boeke in God se denke ontstaan, is dit deur Goddelike inspirasie na ons gebring, en word dwaling voorkom deur die bediening van die Heilige Gees (2 Timoteus 3:16).



God het mens geword en onder ons kom woon (Johannes 1:14) en Homself so, volledig aan ons kom openbaar. Die Nuwe Testament dokumenteer die lewe, onderrig en invloed van hierdie God-mens, die Here Jesus Christus. Daarom is 'n begrip van die Nuwe Testament noodsaaklik om God beter te leer ken. 







Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread - Bible Basics

Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskak...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ChristianUniversity.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid