Leesplan inligting

Wat Is Vrygewigheid?Voorbeeld

What Is Generosity?

DAG 1 VAN 6

Vrygewigheid is meer as om net te gee. Dit is om oorvloedig te gee. 



Wat is vrygewigheid? Baie mense dink dit is slegs om baie geld weg te gee. Alhoewel dit vrygewig kan wees, is dit beslis nie die enigste manier hoe ons vrygewig kan wees nie. Indien dit so was sou baie van ons nie vrygewig kon wees nie — veral nie as 'n student nie.



Daar is egter goeie nuus. Ons kan almal vrygewig wees. Ons hoef nie te wag totdat ons ouer is nie, ook nie totdat jy 'n voltydse werk het of baie geld kan te maak nie. Vrygewigheid is 'n gewoonte wat ons vandag kan begin wat kan verander hoe ons — en die mense om ons — môre lewe.



Weereens — wat is vrygewigheid dus regtig? Kyk na die volgende video om uit te vind.





Vrygewigheid is nie net om te gee nie. Dit is om aan te hou en aan te hou gee. Dit is om oorvloedig te gee.



Maar wag — ons het al gesê dat dit nie net oor geld gaan nie. Dit is waar. Vrygewigheid gaan oor oorvloed — om te glo dat daar baie is wat gegee kan word. Wanneer ons selfsugtig is, glo ons dat ons alles moet spaar — ons geld, ons tyd, ons talente — vir onsself omdat daar nie genoeg is om te deel nie. Vrygewigheid sê egter die teenoorgestelde. Om vrygewig te leef beteken om op God te vertrou dat Hy ons genoeg geld, tyd en talente gegee het om aan ander te kan gee.



Vrygewigheid gaan dus nie net oor geld nie. Dit gaan oor ons harte. Wanneer ons gee, wys ons dat ons God vertrou, ons word meer soos God en ons plaas ander mense voor onsself. Die sleutel is om te kan gee met 'n vreugdevolle hart. Ons kan nie uit skuldgevoelens gee nie. Ons gee omdat ons regtig ander graag wil help en glo dat ons God hierdeur verheerlik.



Ons kan vrygewig wees met ons geld, met ons tyd en deur ons vaardighede met ander mense te deel. Maar wat as jy nie geld verdien nie? Ons sal môre daaroor praat.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is Generosity?

Jy het nie nodig om te wag totdat jy ouer is om 'n vrygewige lewe te leef nie — die feit is dat die gewoontes wat jy vandag aanleer, sal bepaal hoe jy môre gaan lewe. In hierdie 6-dae leesplan wat video's insluit, sal on...

More

Baie dankie Life.Church graag vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid