Leesplan inligting

Die Minimalistiese HuisVoorbeeld

The Minimalist Home

DAG 1 VAN 5

Die Vreugde Van Minder Besittings En 'n Voller Lewe



Ek skud bloot my kop vir daardie TV programme oor huisopknappings. Alhoewel die huis mooier mag lyk, eindig die eienaars gewoonlik met net soveel goed soos voorheen, moontlik selfs meer. Dit is al daardie goed wat in die pad mag staan van hoe hulle wil lewe, eerder as wat dit bydra tot die verwesenliking van hul doelwitte.



Die meeste van ons wat 'n huis of woonstel het, het 'n soortgelyke belewenis met ons eie wonings. Ons spandeer baie geld om goed vir ons huis te koop — en heelwat tyd word bestee aan die organisering, skoonmaak en instandhouding van daardie goed. Ten spyte daarvan, gedurende die beperkte tyd wat oorbly om bloot die huis te geniet, voel dit nie soos die plek waarin ons werklik graag wil woon nie. Wat doen ons dan? Ons besluit dat ons meer goed of beter goed nodig het, wat ons beter beplan of versier. Dikwels, ten spyte van ons beste pogings om ons lewensruimte te verbeter, is dit ... wel, in sommige opsigte ietwat beter, maar verskaf dit steeds nie fundamentele tevredenheid of enige langtermyn verbeterde lewenskwaliteit nie. 



Wat as die probleem nie is dat ons nie genoeg goed besit, of dit nie goed genoeg bestuur nie? Wat as die probleem is dat ons in huise woon wat adverteerders en verkopers wil hê ons moet bewoon, in plaas daarvan om in huise te woon wat aan ons diepste begeertes en behoeftes beantwoord? 



Ek is van mening dat die grootste meerderheid van ons het bloot 'n minimalistiese huisopknapping nodig om meer vervulde lewens te lei. Volgens die evangelie van Lukas is 'n mens se lewe: "... nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie” (Lukas 12:15).



Is jy bereid om oor die gedagte te besin dat ons meer vreugde uit minder besittings kan put, eerder as wat ooit deur die opgaar daarvan gevind kan word? Ek hoop jy is, want ek weet vanuit jare se ervaring, deur van oortollige goed in elke kamer ontslae te raak, jy jou huis tot so 'n mate kan herrangskik dat jy nie net minder spanning sal ervaar nie, maar ook vry sal wees om 'n lewe te lei wat gefokus is op die beantwoording van God se roepstem, 'n lewe wat vry is om andere lief te hê en te dien soos wat God bedoel het.



Wanneer het die beheptheid met iets wat jy besit jou daarvan weerhou om iemand anders te dien?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Minimalist Home

Die skrywer Joshua Becker het iets moois sien gebeur wanneer mense hul oortollige besittings begin verminder — gedurende die proses, het die mense self verander. Alhoewel hierdie leesplan oor die vermindering van jou goe...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/250883/the-minimalist-home-by-joshua-becker/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid