Leesplan inligting

Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

DAG 7 VAN 7

"Genade vir Albei Seuns"


Die oudste seun was verontwaardig nadat hy sy vader se optrede aanskou het. Hierdie oudste broer kon hard werk en het getrou die lande versorg, maar hy was verlore in sy vader se huis.


Daar was geen ontwaking nie. Daar was geen eerlikheid nie. Daar was geen aksie nie.


Die waarheid is dat hy ook 'n verlore seun was. Hy het ook 'n hart gehad wat ver van die vader af was. Hy was ook verlore, maar het dit nie raakgesien nie. Tim Keller stel dit so: "Die slegte seun was verlore in sy slegtheid, maar die goeie seun was verlore in sy goedheid."


Jy was dalk nog nooit in 'n "ver land" gewees nie. Jy mag 'n indrukwekkende godsdienstige getuigskrif hê. Jy het dalk al die reëls gevolg. Jy het miskien hierdie hele boek gelees en gedink aan al die mense wat jy in die "ver land" ken, wat dit regtig behoort te hoor. Ek wonder egter of jy nie dalk die een is met wie Jesus nog die hele tyd praat nie.


Gelukkig, toe die oudste broer in die veld was, het die vader die feesviering verlaat en uitgegaan na hom toe. Hy het die seun direk aangespreek.

Wat vertel dit ons van God? God verlang om 'n verhouding met sy kinders te hê. Dit maak nie saak of jou lewe soos die oudste of die jongste seun s'n is nie.


Selfs ná die jongste seun se verkeerde keuses en roekelose lewensstyl, het die vader hom omhels met 'n druk en 'n soen. En na die oudste seun se harde woorde en minagting, het die vader homself liefdevol verduidelik. Die patriarg sou homself nooit in antieke tye hoef te verduidelik nie. Huishoudings was nie demokrasieë nie; dit was diktatorskappe. Tog het die vader die ouer broer se woede met sagte geduld en genade beantwoord.


Ons verwag dat God 'n kwaai vader gaan wees wat geregtigheid vereis, maar deur Jesus gee Hy ons liefde en genade wanneer ons dit nie verdien nie. Eintlik gaan die verhaal in Lukas 15 nie oor twee seuns wat ongehoorsaam is nie. Dit gaan oor 'n Vader wat sy kinders onvoorwaardelik liefhet.


*Hoe stel jy God voor en dit wat Hy van jou dink wanneer jy gesondig het? Hoe onderhou sy nimmereindigende genade en liefde die hele OEA proses?


Het jy hierdie leesplan geniet? Indien wel, skryf hier in om die volledige boek te wen.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die drie elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verande...

More

Ons wil David C. Cook graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.dccpromo.com/aha/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid