Leesplan inligting

Vind Bevryding van SpanningVoorbeeld

Finding Freedom From Stress

DAG 1 VAN 5

Moenie toelaat dat spanning jou lewe beheer nie.



Spanning is 'n werklikheid waarmee baie van ons sukkel. Dit hoef egter nie so te wees nie. Baie kere aanvaar ons dat spanning iets is waarmee ons maar net moet saamleef, maar Jesus bied vir ons bevryding van spanning deur middel van sy vrede. 



Kom ons praat reguit. Daar is geen towerspreuk om spanning vir ewig te laat verdwyn nie. Spanning is 'n emosionele, en soms paniekerige reaksie op situasies wat jou brein as bedreigend ervaar. Dit kan eintlik 'n goeie ding wees, want dit kan jou van gevaar weerhou, jou motiveer om 'n beter besluit te neem, of help om die nodige verandering te maak. Wanneer spanning egter beheer van jou lewe oorneem, is dit 'n probleem. 



Die vraag is dalk nie hoe om op te hou stres nie. Vra eerder: Hoe kan ons die manier waarop ons spanning interpreteer en hanteer, herformuleer? Hier is drie dinge wat jou kan lei in jou reaksie op spanning. 




  1. Moenie toelaat dat spanning jou lewe beheer nie. Laat toe dat gesonde spanning jou lei om besluite te neem, maar moenie toelaat dat spanning jou oordeel beïnvloed nie. Vra God om vir jou helderheid te gee, sodat jy besef wanneer spanning veroorsaak dat jy die geleenthede mis wat Hy vir jou gee. 

  2. Gee beheer oor. Niks voed spanning soos beheer nie. Jesus bied vir ons bevryding van ons swaar laste. Tog, steek daar iets in; ons moet na Hom toe gaan. Gaan na God en lê jou spanning voor Hom neer. Die prys is beheer, maar die beloning is vryheid, vrede en rus. 

  3. Vra vir wysheid. Vra vir God of daar enigiets is wat hierdie spanning jou kan leer oor die manier waarop jy tot nou toe opgetree het. Is daar areas in jou lewe waar jy moet ophou om dit alleen te hanteer? Het jy te veel hooi op jou vurk? Vra God om jou liefdevol te korrigeer, te lei en jou na die kern van jou spanning te neem en vra Hom om dan jou spanning met sy krag te vervang. 


Praat Daaroor



  • Hoe kan jy begin om anders na spanning te kyk? 

  • Wat kan jou spanning jou leer oor die manier waarop jy tans leef? 

  • Watter dinge moet jy laat gaan om vrede te kan ervaar? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Freedom From Stress

Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vr...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid