Leesplan inligting

Koninkryks-huwelikVoorbeeld

Kingdom Marriage

DAG 3 VAN 5

’n Jong meisie het eendag met haar ouma se hande gespeel toe sy skielik ophou om haar ouma se trouring te ondersoek. Na 'n paar minute het sy vir haar ouma gevra hoekom die ring so groot en swaar is. Dit was anders as die dunner meer delikate ringe wat sy gesien het. Die ouma het geglimlag en gesê: “Want toe ek getrou het, is ringe gemaak om te hou.”



Een rede waarom so baie paartjies hul ringe inruil, is omdat hulle die huwelik as 'n kontrak beskou. 'n Kontrak is 'n voorwaardelike ooreenkoms tussen twee of meer persone wat aandui dat alle partye iets sal doen. Kontrakte word vir beperkte tydperke gemaak en is gebaseer op "as, dan"-stellings. “As hulle dit doen, dan sal ek dat doen.” Mense sluit kontrakte met mekaar met die oog op wat hulle daaruit sal kry. Wanneer hulle nie meer ontvang wat hulle wil hê nie of as hulle 'n beter opsie vind, sal hulle dit as 'n rede gebruik om dit te beëindig. 



Die Bybel beskryf die huwelik egter nie so nie, maar definieer dit as 'n verbond. 'n Verbond is 'n goddelike geskepte band wat beteken dat dit permanent is. Dit het reëls, verantwoordelikhede en voordele. Verbonde is intieme verhoudings wat tot voordeel van die ander persoon begin word. Daarin geniet die goeie van die verhouding voorrang bo die behoeftes van die individu. Dit is hoekom verbonde onvoorwaardelike beloftes maak. Basies is dit waar God iets amptelik in die geestelike wêreld maak om in die fisieke wêreld uitgeleef te word. Die huweliksbeloftes word immers “voor God” en dus met God sowel as die huweliksmaat gemaak. Om die verbond met jou huweliksmaat te verbreek, is om dit met God te verbreek.



Wanneer 'n man en vrou 'n verbondshuwelik in plaas van kontraktuele voorwaardes uitleef, sal hulle 'n bedekking ontvang. Dit is soos 'n sambreel. Wanneer dit reën, stop die sambreel nie die reën nie, maar keer dat dit op jou reën.



Om onder God se bedekking te lewe, sal nie die uitdagings in jou huwelik stop nie, maar daardie uitdagings sal jou nie op dieselfde manier raak as wat hulle normaalweg sou doen as jy nie onder sy bedekking was nie. 



Hoe kan jy begin om met jou huweliksmaat op verbondsvoorwaardes 'n verbintenis maak? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Marriage

Die huwelik kom met groot vreugdes en groot uitdagings. Een van die redes vir die uitdagings is omdat ons die Bybelse doel van die huwelik uit die oog verloor het. Ons het God verwyder en die huwelik in terme van geluk g...

More

Ons wil graag "The Urban Alternative (Tony Evans)" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://go.tonyevans.org/portrait-of-a-christian-family

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid