Leesplan inligting

Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld

Hearing The Voice Of God

DAG 1 VAN 11

Die Drie Geestelike Hindernisse om God se Stem te Hoor.



Lees vandag se Bybelvers.



Ons het almal al opgemerk hoe die kwaliteit van ontvangs op 'n selfoon kan wissel. Dieselfde kan van jou gesê word. Jy moet reg geposisioneer wees om God te hoor praat.



Soms gee ons God nie kans om met ons te praat nie. Ons het alreeds besluit. Ons wil doen wat ons wil doen, nie wat God wil hê ons moet doen nie. Ons harte is verhard en ons is nie bereid om te luister nie.



As jy regtig van God wil hoor — en watter gelowige wil nie? — moet jy verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor. Daar is drie geestelike hindernisse wat jou gedagtes geslote hou vir God se boodskap.



1. Trots. As jy dink dat jy God nie in jou lewe nodig het nie en dinge self wil hanteer, luister jy waarskynlik nie wanneer God praat nie. Trots weerhou jou daarvan om oop te wees vir die moontlikheid dat God dalk iets vir jou wil sê.



2. Vrees. Baie mense kan God nie hoor praat nie, want hulle is bang om God te hoor praat. Miskien dink jy dat as jy God se stem hoor, dit jou ʼn soort godsdiensfanatikus sal maak.



3. Bitterheid. Wanneer jy vasklou aan pyn, gegriefdheid of 'n wrok, sal jy God nie kan hoor nie, want jou hart is verhard. Jou hart het koud geword en jou op jou verdediging geplaas, selfs teenoor God se liefde.



Party van julle is al baie seergemaak, en of dit nou hierdie week of jare gelede gebeur het, jy hou steeds daaraan vas. Ek wil vir jou sê jy moet dit laat vaar. Nie vir hulle onthalwe nie, maar vir joune. Die gegriefdheid maak jou dood! Gegriefdheid is 'n selftoegediende wond wat mense uit jou verlede toelaat om jou steeds seer te maak. Jy moet dit laat vaar, nie omdat hulle vergifnis verdien nie, maar omdat jy met jou lewe moet aangaan.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hearing The Voice Of God

Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid