Leesplan inligting

Elke Tree 'n AankomsVoorbeeld

Every Step An Arrival

DAG 1 VAN 5

Aanvaar Wat God Reeds Doen



So dikwels leer ons meer van onsself wanneer ons Bybelverhale lees, as wat ons van antieke geskiedenis leer. Gideon se vraag in hierdie Skrifgedeelte kom gemaklik oor ons lippe: "... as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons?" (Rigters 6:13). 



Dit lyk of God so ver is wanneer ons lewens gevul is met die dood, lyding, verveling, beroepe waarvan ons nie hou nie, mense wat ons nie verstaan nie, en omstandighede wat ons nie kan verander nie. Ons luister na die antwoord op Gideon se vraag en hoop ons hoor 'n antwoord op ons eie vrae. Soos dit egter dikwels in ontmoetings tussen God en mense in die Bybel gebeur, is daar nie 'n antwoord nie, ten minste nie wat ons gewoonlik as 'n antwoord sou beskou nie. Daar is eerder 'n opdrag: "... gaan red die Israeliete uit die mag van die Midianiete!" (Rigters 6:14).



Gideon se reaksie is baie soos ons s'n sou wees: "Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien” (Rigters 6:15). God wys egter vir Gideon dat daar nie meer introspeksie oor foute van die verlede sou wees nie, geen bespiegeling oor die noodlot en geen selfondersoek nie. Die inisiatief was in God se hande, net soos dit in Egipte was. Gideon moes net gehoorsaam wees en by die belofte bly. Hy moes net dien, en God sou die oorwinning gee. 



Jy kan oor jou lewe terugkyk, familiegeskiedenisse ondersoek, tradisies van die volk waarneem, en kyk wat gebeur wanneer iemand nie op God reageer nie en sy liefde verwerp. Ongehoorsaamheid is maklik om raak te sien. Onder die gewone simptome is trae morele dryfkrag, 'n gewete wat jou ongemaklik maak, baie skuldgevoelens wat jou moeg maak en 'n laegraadse depressie wat jou kreatiewe energie dreineer. 



Ek het goeie nuus vir jou wat sulke simptome in jouself herken: God het jou lief, en Hy is gereed om jou sondes te vergewe en 'n nuwe en ewige lewe in jou te skep. God is op hierdie oomblik gereed om die verlede te kanselleer, om jou rekord skoon te vee en die dokumente oor jou te verbrand. Niks wat jy gedoen het of jou verbeel, diskwalifiseer jou om dit wat Hy selfs nou vir jou doen te aanvaar nie. 



Wanneer weerhou 'n besef van jou eie swakheid of bewuswording van foute van die verlede, jou daarvan om God se rigting te volg?



  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Every Step An Arrival

Ons hoop hierdie vyf oordenkings van Eugene Peterson sal jou denke en hart neem na waar dit ook al mag gaan, want jy weet nooit wat die Gees sal gebruik om te bemoedig of uit te daag of te vertroos nie. Jy mag kies om di...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540871/every-step-an-arrival-by-eugene-h-peterson/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid