Leesplan inligting

Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 4 VAN 27

Lees: Jona 1:13-17

SOAP: 1 Johannes 1:9

Die moeilikste ding om te doen wanneer ons die verkeerde keuse gemaak het, is om ons foute te erken en ons gedrag te verander. Dit is wonderlik om te weet dat wanneer ons berou het, God getrou is om ons sondes te vergewe. Elke een van hulle. Jesus het die prys aan die Kruis betaal vir die sondes van die hele mensdom. Vorige sondes, huidige sondes en toekomstige sondes.

Om te bely beteken "om dieselfde te sê as". Wanneer ons ons sonde bely, is ons bereid om dieselfde te sê (en te glo) oor ons sonde as wat God daaroor sê. Jesus se verhaal oor die godsdienstige man en die sondaar wat voor God gebid het, illustreer dit. Die Fariseër het gespog oor hoe regverdig hy was, terwyl die sondaar gesê het: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’ (Lukas 18:10-14). Die een wat sy sonde bely, was die een wat met God saamgestem het.

Daar is geen sonde wat God nie kan vergewe nie. Daar is geen tyd wanneer God nie ‘n hand van genade kan uitreik nie. Hy is genadig. Hy is 'n liefdevolle God wat wag dat ons ons sondes bely, ons dan vergewe en ons help om met integriteit te wandel.

Hoewel sonde altyd teenwoordig is in ons lewens, hoef dit nie ‘n struikelblok in ons verhouding met God te wees nie. Is jy bereid om jou sondes te bely? Sal jy toelaat dat God jou hart verander en jou reinig? Hy sal, as jy Hom toelaat.

Hemelse Vader, ek kan U nie genoeg dank vir u liefde en genade teenoor my nie. Dankie dat U my elke dag nuwe geleenthede bied. Dankie dat U gretig is om my te vergewe. Help my om elke dag my sondes te sien en te bely. Amen. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genad...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid