Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 1 VAN 21

Ek is nie die netjiesste persoon op aarde nie. Daar is gereeld vuil skottelgoed in die wasbak, klere op my kamervloer en gister se handdoeke wat opgebondel in die badkamer lê. (Ek bloos nou terwyl ek dit skryf.) 



So min soos ek daarvan hou om my huis aan die kant te maak, geniet ek die resultaat as ek my moue oprol en aan die werk spring. Ek hou baie daarvan as my blou badkamerhanddoeke netjies opgevou en gebêre is. Ek put vreugde daaruit om in my kamer in te kyk en 'n netjies opgemaakte bed te sien — met geen kreukels te vinde nie! 



Ons gedagtes is baie soos ons huise waarin ons woon: ons moet daagliks deur die proses gaan om die rommel in ons siele te organiseer en ons vuil gedagtes wat in ons gedagtepatrone ophoop, skoon te maak, om nie eens te praat van daardie donker hoekies in ons verstande wat 'n deeglike skrop nodig het nie; anders sal geestelike chaos gou intree. 



Jesus verlang nie net om gemors uit jou verstand te verwyder nie, maar Hy wil ook goedheid en vrede in jou gedagtes inbou. Hy wil hê dat sy uitsluitlike teenwoordigheid die motiverende dryfkrag in jou gedagtes se prosesse moet wees. Indien jy Jesus gaan toelaat om jou gedagtes met sy krag en teenwoordigheid te vul, sal jy 'n lewende voorbeeld van sy kennis en wysheid wees terwyl jy op die planeet aarde leef.



As 'n persoon wat in Jesus Christus glo, weet jy verseker dat jy nie volmaak is nie, maar dat Hy inderdaad volmaak is. Wanneer jy jou lewe aan Jesus Christus oorgee, gee jy ook jou gedagtes aan Hom oor. Op daardie dag van 'n nuwe, geestelik gesproke geboorte, is jou gedagtes ook wedergebore, herstel en vernuwe.



Indien jy 'n lewe wil leef wat energiek en vreugdevol is en die aard van God weerspieël, sal dit altyd in jou verstand moet begin. As ons aanhou om na God te luister en toelaat dat sy Woord ons gees voed, sal ons gedagtes daagliks hernuwe word. Daar is geen ander manier om die geheim te ontdek hoe om 'n veranderde en kragtige lewe te leef, sonder om dit in Jesus te ontdek nie.



Persoonlike Toepassing: Watter Bybelvers kan jy gebruik om jou te help om jou gedagtes te orden en dit in ooreenstemming met die Vader se gedagtes te hou? 



  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid