Leesplan inligting

7 Stadiums van Verdriet na 'n MiskraamVoorbeeld

7 Stages Of Grief After Miscarriage

DAG 1 VAN 7

In die kinderboek "We're going on a Bear Hunt" deur Michael Rosen, gaan die hoofkarakters op 'n avontuur, op soek na 'n beer. Terwyl hulle die beer agtervolg, kom hulle baie hindernisse teë. 'n Donker woud, 'n sneeustorm en 'n gevaarlike rivier is deel van die pad wat hulle hopelik, uiteindelik na die beer sal lei. Elke keer wanneer hulle 'n hindernis teëkom, neem hulle 'n rukkie om te besluit hoe hulle die uitdaging gaan aanpak en herhaal dan manhaftig dieselfde frase by elke hindernis: "Ons kan nie bo-oor gaan nie. Ons kan nie onderdeur gaan nie. Nee, ons moet daardeur gaan!" Dan druk hulle deur die hindernis totdat hulle die beer kan sien. 



Na 'n miskraam kom ons voor 'n soortgelyke keuse te staan. Ons kan probeer om verby of onderdeur die verdriet te gaan, maar op die lang duur gaan dit nie werk nie. Die enigste manier om gesond aan die anderkant van 'n miskraam uit te kom, is om daardeur te gaan. Ek weet van vroue wat 40 jaar gelede 'n miskraam gehad het en nog steeds daardie wonde saamdra, net omdat hulle nie hulself toegelaat het om deur die verdriet te gaan nie. 



Die meeste mense is bewus van die sewe stadiums van verdriet: skok, ontkenning, woede, bedinging (onderhandeling), skuldgevoelens, depressie en aanvaarding. 



Ongeag van op watter stadium jy jouself nou in bevind, wees bewus dat God nou daar by jou is en jou nooit sal verlaat nie. Ek bid dat jou verdriet jou nader aan God sal trek en jou nie van Hom af sal wegstoot nie. 



Ons vyand, die Satan, wil jou baie graag so ver as moontlik van God af verwyder, veral wanneer jy seerkry. Ons vyand sal enige iets moontlik gebruik om 'n wig tussen jou en God, wat jou enigste bron van ware vertroosting en vrede is, in te dryf. 



Wanneer jy hierdie leesplan klaar gelees het, bid ek dat jy jou hart vir God sal oopmaak en Hom toelaat om jou te vertroos terwyl jy treur. 



Jy is nie alleen nie. Jy is nie gebroke nie en jy is nie die uitsondering op God se liefde nie. Jy is 'n pragtige dogter van die Koning, na sy beeld geskape! God is bewus van die gedagtes in jou verstand en jou hart, maar Hy wil nog steeds hoor dat jy hulle teenoor Hom uitspreek. Stort jou hart vandag voor God uit. Hy kan jou woede hanteer. Moenie toelaat dat jou verdriet jou van God af weghou nie. Bid Psalm 139 as jy nie weet wat om te bid nie. 



Aanbiddingslied:  Throne room deur Kim Walker Smith 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Stages Of Grief After Miscarriage

Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as w...

More

Ons wil graag vir Kim Meyer bedank wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.relentlesswomenwarriors.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid