Leesplan inligting

Jesus Wandel — Kom Jy? Jesus Is Groter Reeks #9Voorbeeld

Jesus Walks—Are You coming? Jesus Is Greater Series #9

DAG 4 VAN 5

Die Offer van Lofprysing  


Gedagtes oor die Woord



Wat kos dit ons om God te loof? Is dit 'n opoffering?



Vir hierdie mense was dit 'n duur besluit om God te aanbid en Jesus te volg. Dit het sommige gelowiges hul lewens gekos. Vir baie van ons is dit 'n geringe opoffering. Vir sommige is dit om tyd op die strand of by 'n vakansieoord prys te gee. Vir ander is dit om nie 'n sokker- of rugby wedstryd by te woon nie. Vir nog ander, is dit om 'n geleentheid by die werk te laat verbygaan. 



Om dankie te sê is soms die moeilikste offer wat ons kan bring. Siekte, werksdruk, gesinsprobleme … alles span saam om danksegging 'n groot opoffering te maak. Om lofprysing uit te leef — saam met danksegging — verg dikwels baie moed en krag. Dikwels moed en krag wat ons nie het nie. Ons moet ons trots opoffer, ons reg om gehoor te word, ons behoefte dat ander sien waardeur ons gaan, of die vereiste om aan te beweeg dat God die probleem op sy tyd hanteer. 



Lofprysing en danksegging begin met die begrip dat ons dinge anders doen. Hierdie aarde, ons tuisdorp of ons land is nie ons tuiste nie. Ons reis deur hierdie wêreld maar ons is op pad na ons ware huis toe — na die hemel en die hemelse stad. Dit maak 'n groot verskil as ons so na dinge wat in hierdie wêreld gebeur kyk, dinge wat agtergelaat word omdat ons huistoe gaan. 



Laastens is daar die offer om aan ander te gee wat groter behoeftes as ons het. Ek is voortdurend verbaas hoe maklik en vinnig ons geheg raak aan dinge wat God ons gegee het om met ander te deel. Dit word 'n opoffering om te deel. God weet dit egter. Dikwels is dit dinge wat ons regtig nodig het — ons vertrou dat God ons nood gesien het en dit vir ons gegee het. Tog is daar tye wanneer God wil hê dat ons ook in hierdie tye opofferings moet maak. Wanneer ons dit gewillig doen — is Hy bly!



Gebed



Vader, wat moet ek doen sodat U met my tevrede is wanneer ek op u roepstem reageer om 'n offer te bring? Dit kan wees om net dankbaar te wees vir elke beproewing en uitdaging wat ek in die gesig gestaar het. Dit kan bereidwilligheid wees om U te prys wanneer ek iets anders wil doen. Dit is 'n gewillige hart om te gee wanneer ek regtig wil terughou. Vader, ek het hierdie week 'n dame dit sien doen. Sy het "dankie" gesê vir 'n moeilike jaar. Sy het u Naam geprys en U geseën vir die goeie dinge wat U gedoen het. Vader, ek moet vandag haar voorbeeld volg. Hou daardie getuienis vandag in my hart. In die Naam van Jesus. Amen.


God
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Walks—Are You coming? Jesus Is Greater Series #9

In hierdie laaste aflewering van nege dele in die reis deur Hebreërs, word praktiese uitdagings en goddelike reaksies op die lewe aan ons voorgelê.  Dit is kort en maklik om te verstaan — maar is werklik 'n uitdaging om ...

More

Ons wil graag die Al Ain Evangeliese Kerk vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid