Leesplan inligting

God is aan jou kant deur Nina SmitVoorbeeld

God is aan jou kant deur Nina Smit

DAG 1 VAN 5

Fokus op wat jy het  


Ons ken almal mense wat elke dag dankbaar is vir elke klein seëning wat na hul kant toe kom. “Dit is altyd moontlik om dankbaar te wees vir wat ons ontvang, eerder as om te kla oor wat ons nie het nie. Een van die twee word ’n lewensgewoonte,” het Albert Einstein gesê.


Dink ’n bietjie na oor jou gedagtes en gesprekke van die afgelope week: Het dit gehandel oor al die redes waarom jy ’n dankbare vrou behoort te wees, of het jy gekla oor al die baie dinge waaroor jy ontevrede is?


Of het jy elke dag baie dankie gesê vir jou familie en vriende, jou verwonder aan die reënboogkleure van ’n seepbel, ’n fluweelrooi roos uit jou tuin of die astrante janfrederik wat sy stukkie kaas in jou kombuis kom haal?


Daar is elke dag soveel mooi en lekker dinge waarin jy jou kan verlustig en waarvoor jy God kan dank – hulle is altyd meer as die negatiewe dinge wat jou lewe versuur. Met seëninge werk dit so: Hoe meer jy daarop fokus, hoe meer van hulle is daar om raak te sien. Jy kan sommer vandag begin om jou klaagliedere in dankliedere vir die daaglikse seëninge in jou lewe te omskep. Kom ons sluit af met ’n anonieme dankbaarheidsgebed wat ons almal kan saambid: 


Gebed:


Dankie, liewe Vader, vir tye van ontspanning: tyd om ’n goeie boek te lees, te gaan fliek, na musiek te luister, met die kat te speel, met die honde te gaan stap, by my vriende te gaan kuier, met bure ’n geselsie aan te knoop, my tuin nat te lei, die geur van nat grond ná die eerste reën in te asem. En dankie, Here, vir stil tye saam met U. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God is aan jou kant deur Nina Smit

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner aan God se blywende liefde, en sal hulle bemoedig om hul seënings te tel en elke dag voluit te leef. Elkeen van die vyf dae handel oor ’n spesifieke tema (soos om te fokus op di...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Nina Smit dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek, "God is aan jou kant", besoek: https://www.cumbooks.co.za/god-is-aan-jou-kant- sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid