Leesplan inligting

Voltooi Die Wedloop Van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #8Voorbeeld

Running The Race Of Faith : Jesus Is Greater Series #8

DAG 5 VAN 5

Waarskuwing #5 Pt. 2  


Gedagtes oor die Woord



“Pas op, moet Hom wat met julle praat, nie afwys nie ..."



Hierdie vyfde waarskuwing gaan oor rebellie.



Hoofstuk 2 – Waarskuwing om nie van God af te dwaal nie.



Hoofstuk 3 – Waarskuwing teen 'n bose hart van ongeloof.



Hoofstuk 6 – Waarskuwing om nie weg te dwaal nie.



Hoofstuk 10 – Waarskuwing teen opsetlike sonde.



Hoofstuk 12 – Waarskuwing teen rebellie.



Dit is die vyfde en laaste waarskuwing. Dit kom ná die gedeelte wat ons voorheen gelees het — hoe God ons dissiplineer. Die dissipline is moeilik om te ontvang, want dit is pynlik en ons veg daarteen. Ons swoeg daaronder, en soms kom ons in opstand daarteen. Ons sal almal voor Hom — die Regter verskyn. Die vure van beproewing wat ons in die gesig staar is niks in vergelyking daarmee om voor Hom te staan, ​​wetende ons het gerebelleer nie. Dit is 'n waarskuwing. 'n Baie ernstige waarskuwing.



Ons het gesien hoe genadig en vergewensgesind God is. Ons het gesien hoeveel Jesus gedoen het sodat ons met vrymoedigheid en geloof in God se teenwoordigheid kan kom. Hier is die ander kant van ons God. Sonde en rebellie sal geoordeel word. Dit is moeilik, dit is erg, maar dit is waar.



Dit sal gevolg word deur woorde van bemoediging in hoofstuk 13. Kom ons staan egter 'n dag af om oor die geregtigheid van ons God na te dink. Ons sal voor Hom staan ​​en Hy sal alles wat ons gesê en gedoen het toets.



Gebed



Vader in hierdie tyd van vreugde, is dit moeilik om 'n dag af te staan om oor U as 'n Regter na te dink wat alles wat ek gesê en gedoen het sal toets. Tog is dit waarheid. Ek kom vandag voor U en vra dat U dit wat in my hart verborge is, sal blootlê. Ek wil vra dat U my nou teregwys, voor daardie dag. Ek wil vra dat U my sonde en hoogmoed nou verwyder eerder as later. Dit sal baie minder pynlik wees.



Vader, ek onthou as kind die tye van pynlike dissipline en hoe ek na my ouers vir vertroosting gehardloop het nadat ek gedissiplineer is. Ek wil vandag dieselfde doen. Terwyl U my dissiplineer, vul my hart met 'n begeerte om deur U vertroos te word en om die vrede en vreugde wat uit u omhelsing kom te ontvang. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Running The Race Of Faith : Jesus Is Greater Series #8

Dit is WEDLOOPDAG. Jy voel een van twee dinge — voorbereid of vreesbevange. Die wat voorbereid is sien uit daarna om te hardloop, wetende dat die ure se gedissiplineerde opleiding hulle toegerus het om goed mee te ding. ...

More

Ons wil graag die Al Ain Evangeliese Kerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid