Leesplan inligting

Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter ReeksVoorbeeld

Jesus: The Better Priest - Jesus Is Greater Series

DAG 1 VAN 6

Waarskuwing #3: Afvalligheid van Jesus

Gedagtes oor die Woord



Dit is 'n ingewikkelde gedeelte, nie maklik om te verstaan nie en die woorde is ook moeilik. Dit is egter 'n belangrike gedeelte.



Hierdie is die derde waarskuwing in die boek, Hebreërs, daar is nog twee wat volg. Hierdie een kom nadat die skrywer vir die Hebreërs meedeel: "Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het julle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig. 'n Mens moet julle met melk voed en nie met vaste kos nie" (Hebreërs 5:12-13). Indien hulle nie versigtig is nie, sal al die waarhede verlore gaan wat aan hulle verkondig is. Hulle sal hierdie waarhede verwerp in plaas daarvan om daarin te groei. Die gevolge daarvan is geweldig groot.



Moenie vergeet nie — God sal altyd vergewe (die bloed van Jesus kan elke sonde vergewe), maar daar is dinge wat mense sal verhoed om vergifnis te vra.


- Bitterheid. Die waarheid van God het nooit in jou lewe gewerk nie. Daarom voel jy verbitterd en vra nie vir sy vergifnis nie.


- Gebrek aan vrug. God se seën op jou het nooit vrug gedra nie — niks het verander sedert jy Jesus ontmoet het nie.


- Dorings en onkruid. Die lewende water van God word gebruik om goddelose dinge te laat groei. God sal dit vernietig.



Hierdie mense vind dit byna onmoontlik om terug te keer na God toe. Dit is nie omdat God nie kan vergewe nie, maar hulle vind net nie die pad terug na Hom nie. Sommige het geen begeerte om terug te keer nie. Ander het nooit werklik die verandering verstaan wat God vir hulle in gedagte het nie en sien geen rede om na Jesus terug te keer nie. Tensy daar iets baie spesiaal in hulle lewens gebeur, sal hulle nooit terugkeer nie.



Wat doen ons dus? Ons bid. Wees bereid om saam met hulle 'n pad te stap as hulle wil terugkeer — hulle gaan iemand se hulp nodig hê. Dit is belangrik dat hulle God se vergewensgesinde hart sal raaksien. Hulle moet die heilige hart van God sien. Hulle moet sien hoe die krag van die Heilige Gees verandering in hulle lewens kan bring.



Gebed


Vader, dit is 'n moeilike gedeelte. Wanneer u Woord nie vrug in ons lewens dra nie, word ons soos onvrugbare grond wat net onkruid en dorings voortbring. Ons bring oneer aan u Naam en voorsiening van vergifnis wat U deur u bloed skenk. 



Vader ek bid vandag dat u woorde aan my, vrug en lewe sal voortbring, en ook aan almal wat hier lees. Help my asseblief om ander uit te daag om na U terug te keer. Gee my gewillige hande om my naaste, wat dit nie vanself kan regkry nie, te help om na U terug te keer. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus: The Better Priest - Jesus Is Greater Series

Ons begin Deel Vier van ons reeks oor Hebreërs met die derde waarskuwing: wees versigtig om nie van Jesus afvallig te raak nie. As ons Jesus en ons verhouding met Hom uit die oog verloor, het ons nie langer toegang tot d...

More

Ons wil graag vir Al Ain Evangelical Church bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid