Leesplan inligting

'n Passie vir AanbiddingVoorbeeld

Heart Of Worship

DAG 1 VAN 5

Streef na God met jou Hele Hart 


Kom jy in hierdie gebed agter hoe Dawid oor God voel? Sy passie vir, verlange en begeerte na God? Raak dit jou? Maak dit iets diep in jou hart wakker? Wat hierdie Psalm baie merkwaardig maak, is die omstandigheid waarin dit afspeel. Dawid is aan die vlug vir sy lewe, hy vlug vir sy eie seun. 


Kan jy jou sy gebroke, hartseer hart voorstel? Sy eie seun. En tog is hy nou hier op soek na God met sy hele hart. 
"O God, U is my God." Dawid sê in werklikheid: "My hele lewe val uitmekaar, maar U is nog steeds my God. U is die Almagtige God. U is my Herder. U is my God en U sal my deurdra. Ek soek U in alle erns." Nie lukraak nie, nie halfhartig nie, maar passievol, vurig en heelhartig. Dis nie 'n godsdienstige ritueel nie. Dis nie 'n plig nie. 


Dit is 'n liefdesverhouding. Die hele koninkryk is op die spel, en net so Dawid se lewe self. En tog is hy hier, soekend na God met sy hele hart. Is dit nie die wonder van Dawid nie, sy passie vir God? 


  "Ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water." Daar is nie water in die woestyn van Juda nie en Dawid se dors vir water is 'n voorstelling van sy dors na God. Hy sê in werklikheid: "Here, net U kan die diepste verlange van my siel bevredig." Ek dink aan Moeder Teresa, wat deur 'n droë tyd in haar geestelike lewe gegaan het en nog steeds so 'n passie vir Christus gehad het, dat sy hierdie gebed gebid het: "Ek wil lief wees vir U, Jesus, soos niemand U nog ooit tevore liefgehad het nie." Watter hart het sy nie vir God gehad nie. Hoekom het party mense so 'n buitegewone passie vir Christus? Ek weet nie. 


Na regte is hierdie soort hart vir God 'n gawe. Elke goeie ding is 'n gawe van God, maar jy kan vra vir hierdie gawe. Here, gee vir my hierdie soort hart vir U. Hierdie dors na U. 


Hierdie liefde vir U. 
 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Heart Of Worship

Hierdie 5-dag leesplan neem jou deur Psalm 63 en verduidelik Dawid se passie vir aanbidding. Jy sal leer dat ons lewende offers is wat God heelhartig, vrylik en passievol moet aanbid. Dawid het God aanbid, omdat hy gewee...

More

Baie dankie aan Jeff Wells, in vennootskap met El Centro Netwerk, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.jeffhwells.com and http://elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid