Leesplan inligting

Bybelse Beginsels Om In Entrepreneurskap Te FloreerVoorbeeld

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

DAG 2 VAN 4

Dit is makliker wanneer mense reeds daar geld spandeer





In plaas daarvan om sy eie sinagoge te bou, het Jesus bloot die bestaande sinagoges gebruik om sy boodskap te versprei. Dit was baie makliker as om 'n nuwe sinagoge te bou en mense dan te probeer oortuig om na Hom toe te kom. Hy het die bestaande infrastruktuur gebruik waar mense alreeds vergader het. 



Dit werk net so ten opsigte van jou sake-idee, as mense alreeds geld in 'n betrokke mark spandeer, is dit makliker vir hulle om bloot daardie geld na jou onderneming oor te dra.



Ek het byvoorbeeld as 'n spesialis in web tegnologie vir verskeie maatskappye en private organisasies as adviseur opgetree. Dit was nie vir maatskappye 'n probleem om vir my dienste te betaal nie, want ek was daar wanneer hulle my nodig gehad het, en hulle sou in elk geval iemand vir die dienste moes betaal. 



Aan die ander kant, het ek ook 'n onderneming begin waarmee ouers maklik hul geliefdes kon laat weet wanneer hul baba gebore is deur van "call blast"-tegnologie gebruik te maak. Ek het gedink dis 'n oulike diens en het dit gebruik met die geboorte van my dogter; soos ook ander gesinne wat vir my diens ingeteken het. 



Hierdie soort tegnologie was egter nie iets waaraan mense oor die algemeen gewoond was om geld op te spandeer nie, dus is dit nie deur baie mense gebruik nie. 



In beide gevalle, het ek dieselfde hoeveelheid moeite gehad, maar as webadviseur was dit baie makliker om geld te maak omdat mense alreeds daarop geld spandeer het. 



Die tweede beginsel hoe om in entrepreneurskap te floreer, is om die idee wat God ons gegee het te ontleed en te ontdek hoe jy dit in die sakewêreld kan plaas waar mense reeds soortgelyk geld spandeer. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

As God jou geroep het om 'n entrepreneur te wees, het Hy jou geroep om in die sakewêreld te floreer. Daar is egter 'n groot verskil tussen idees en om te floreer. As hierdie gaping nie oorbrug word nie, sal jy maklik gef...

More

Baie dankie aan “Church for Entrepreneurs” wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://churchforentrepreneurs.com/about/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid