Leesplan inligting

Vind Rus In 'n Besige WêreldVoorbeeld

Finding Rest In A Busy World

DAG 1 VAN 9

Die gebeure toe Jesus die huis van Marta besoek is bekend as jy al 'n rukkie kerk bywoon. Vroeër of later kom dit voor in 'n Sondagskool verhaal of in 'n boodskap van die preekstoel af.



Ons vereenselwig ons baie vinnig met een van die susters. 



Kom ons begin met diegene onder ons wat ons in Marta se skoene bevind.



Soos Marta, mag ons onsself nastrewend op ons geloofspad bevind. Ons mag dalk onbewustelik ingeteken het op 'n handelsmerk wat prestasie-gedrewe Christenskap genoem word. Onbewustelik het ons ingekoop in die idee dat ons God se goedkeuring kan verdien. Ons mag dalk glo dat ons hard werk vir God se koninkryk, maar in der waarheid het ons bediening belangriker as die Messias geword.



Ons vergeet dat Christus gesterf het vir die goddeloses, gebrokenes, gekwestes, vir die wat nie alles agtermekaar het nie. Die Skrif sê in Romeine 5:8 dat terwyl ons nog sondaars was, Christus vir ons gesterf het. 



Nog steeds sondaars. God verwag nie van ons om volmaak te wees nie. Hy wil nie hê ons moet 'n skoon bladsy vir Hom gee nie. Hy is in die bedryf om die gebreekte stukke van ons lewens te neem en dit aanmekaar te voeg om iets so beeldskoon te skep dat Hy ons sy "kosbare besitting" noem.



As jy dink: "Ek is nie goed genoeg vir hierdie hele Christen-ding nie", is jy absoluut korrek! Die waarheid is dat niemand van ons "goed genoeg" is nie. Ons het almal gesondig en skiet tekort aan God se standaard van heiligheid. Deur te besef dat ons dit nooit op ons eie meriete gaan behaal nie, is die eerste tree tot die ontdekking van rus, nou en tot in ewigheid. 



Vat jou chaos na Hom toe. Vat jou gebrokenheid na Hom toe. Dit is nie vir Hom te veel om te hanteer nie. 



Kom nader



Vader God, dankie dat U u Seun gestuur het om my plek aan die kruis in te neem. Ek is so verlig dat my geregtigheid van Hom kom en absoluut niks met my en my prestasies te doen het nie. Ek vertrou in daardie volmaakte offer, want as gevolg daarvan hoef ek nie perfek te wees nie. Amen


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest In A Busy World

Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute ge...

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.susannarjala.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid