Leesplan inligting

Bloedsuiers in VerhoudingeVoorbeeld

Relational Vampires

DAG 1 VAN 5

Hoe God Werk


Jy weet hoe jy die mees ooglopende lyne en patrone in 'n voorwerp kan sien as jy jou oë op skrefies trek. Of vir sommige van ons is dit die enigste manier waarop ons hierdie klein letters kan lees! 


Trek jou oë op skrefies en probeer jou bes om binne 'n sekonde na die hele geskiedenis te kyk. Een patroon word nogal duidelik: God werk deur mense. Kyk 'n bietjie langer en jy sal begin om 'n versameling ooglopende lyne te sien wat alle mense verbind, 'n woord: verhoudinge. 


Dink daaroor. Hoe het God verlossing aan elke lewende wese gebied? Deur ons sy naaste verhouding (sy Seun) as 'n persoon te stuur. Hoe aanvaar ons Hom? Deur 'n vertrouensverhouding met Hom aan te gaan.


Kyk weer na die gebrokenheid in jou lewe, in jou kultuur, in jou gemeenskap, in jou gesin. Wat is essensieel gebreek? Wie of wat ly die meeste daaronder? Waarskynlik verhoudinge. 


Verhoudinge is dikwels die ontvangers en die bestanddele van God se wonderwerkende krag. 


Kom ons soek vir die volgende paar dae na genesing in ons verhoudinge, want wanneer dit wat jou lewe versuur, nuwe lewe in jou blaas, ondervind jy God se wonderwerkende krag!


Jy kan ophou om skrefies oë te trek. Ontspan die wenkbroue. Haal rustig asem en berei jouself voor om God se goeie waarheid vir jou lewe te ontvang. 


Bid: Vader, ek nooi U om die gebroke verhoudinge in my lewe te genees. Wys vir my waar ek ander toegelaat het om my te mishandel en waar ek ander mishandel het. Amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Relational Vampires

Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy leweg...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid