Leesplan inligting

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

DAG 5 VAN 5

Vergifnis is ’n keuse


Vergifnis is ’n keuse, ’n besluit. Nie ’n gevoel nie. Vergifnis gaan om genesing, nie om die ander persoon se gedrag nie (sien Efesiërs 4:32 en Jakobus 5:16). Hoe gouer jy besluit om te vergewe, hoe gouer sal jy vry wees van die martelende gevangenis van jou siel. Om ’n wrok te koester, beteken dat wat jou ook al in iemand anders grief, na jou toe sal terugkom.


Daardie marteling kan jare lank gevoel word. Dit is eenvoudig nie die moeite werd nie. Vergifnis is een van ons Vader se bevele aan sy kinders (sien Kolossense 3:13). Gehoorsaamheid is ’n voorvereiste vir vryheid. Ons omstandighede kan ons nie gevange hou nie, want ons word deur ons keuses bevry – en keuse is altyd ons voorreg.


Die verlede is verby. Niks wat jy ooit kan doen, gaan jou verlede verander nie, behalwe om te vergewe. Die hede is daar om te geniet, bemagtig te word en om met elke sel in jou Godgeneesde wese gelééf te word. Jy het die voorreg om jou toekoms te skep. 


En dit is selfs meer opwindend wanneer jy weet God wag reeds daar in jou toekoms. Hy weet watter planne Hy vir jou het; planne vir ’n voorspoedige toekoms vol hoop (sien Jeremia 29:11). Jou verantwoordelikheid is om dit te glo en op Hom te vertrou (sien Spreuke 3:5-6 en Psalm 37:4-5). Jou verlede bepaal nie jou toekoms nie, maar dit kan die platform wees waarop jou fokus vir die toekoms gebou word.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-dag-leesplan wat daaroor handel om jou drome na te streef, sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe doel te vind, om ’n lig in ons gebroke wêreld te wees en om elke dag nader aan God te beweeg. Elke dag bevat geda...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/waarvoor-wag-jy-dan-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid