Leesplan inligting

Moenie Opgee NieVoorbeeld

Don't Give Up

DAG 1 VAN 7

Dag 1 — Ware Noord



Jy mag soms voel soos die eensame skip wat deur die branders op 'n stormagtige see rondgeslinger word. Jy dryf heen en weer, sonder rigting, op die uitkyk vir enige teken van hoop. Om dit na droë land te maak sonder 'n kompas kan onmoontlik wees.



Dieselfde kan gesê word oor die lewe. Om sonder 'n kompas aan te sukkel en te hoop jy vervul jou Godgegewe doel op hierdie aarde, kan baie uitdagend wees. Dit is hoekom jy 'n ware noord nodig het — 'n voortdurende fokuspunt wat nooit verander nie. Daar is net een en sy Naam is Jesus.



Net God kan jou die krag en uithouvermoë gee om 'n voorspoedige lewe te hê. Wanneer jy moeg is, sal sy arms jou optel en vars lewe in daardie bene blaas. Wanneer jy te verniel is om nog een tree vorentoe te gee, sal sy bron van lewe na vore kom en jou nog 'n keer vul. Wanneer jy verlore en onseker is, sal sy wysheid en insig die uitgeputte oë oopmaak en die reis vorentoe verlig.



Wees verseker: daar is geen ander ware noord, geen ander bron van krag wat jou sal ondersteun of lig wat jou getrou sal lei nie. Laat vaar die wêreld se antwoorde vir jou tamheid en koester jou ware noord. Hy is die enigste volhoubare bron en jou anker in alle omstandighede.



As jy vandag voel soos die skip wat deur die golwe rondgeslinger word, voordat jy enigiets anders navolg, streef eerder na Jesus. Mag die Here jou hart rig en sy krag jou dra deur jou donkerste vallei wanneer jy net wil opgee. 



Gedurende hierdie 7-dag leesplan gaan ons kop eerste in die Bybel induik en ontdek wat God oor uithouvermoë en volhoubaarheid sê. Dit is jou aanmaning en hupstoot van bemoediging om aan te hou wanneer dinge moeilik raak. Kom dus saam met my en ontdek wat die Bybel sê uithouvermoë skep en wie anders in die Bybel volgehou het ten aanskoue van teëspoed.



Onthou vriende: oë op Jesus!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Don't Give Up

Was jy al ooit so moeg en verslaan deur die lewe dat jy die handdoek wou ingooi en opgee? Die Bybel is vol bemoediging om te volhard en aan te hou! Hierdie 7-dag leesplan sal jou verfris vir die reis wat voorlê.

Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.brittanyrust.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid