Leesplan inligting

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsVoorbeeld

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

DAG 1 VAN 41

Lees: 1 Tessalonisense 1:1-3

SOAP:  1 Tessalonisense 1:2-3

Paulus begin hierdie brief aan die kerk deur God se genade en vrede aan die gelowiges oor te dra en hulle in die geloof aan te moedig. Hy verduidelik hoe hy in die gewoonte gekom het om doelgerig vir sy broers en susters in Christus in Tessalonika te bid. Paulus se hart en gedagtes het van danksegging oorgeloop terwyl hy drie spesifieke dinge onthou: hulle werke van geloof, hulle liefdevolle arbeid en hulle standvastigheid in die hoop op Christus.
 

Soos Paulus, kan ons kies om mekaar doelbewus aan te moedig, terwyl ons voortgaan om Christus saam te volg. In stede daarvan om onsself met ‘n ander gelowige te vergelyk of om die optrede van 'n mede-dissipel te kritiseer, kan ons ons aandag daarop vestig om in te tree vir ander dat hulle voortgaan om hulle geloof te aktiveer. 

Here, help my om dankbede op te stuur en altyd te onthou om U te smeek vir die voortdurende groei van die liggaam van Christus. Help ons om in geloof, hoop en liefde te groei en ons geloof uit te leef met harte wat ten volle aan u oorgegee is. Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n be...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid