Leesplan inligting

OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 1 VAN 14

Toe ek in 2015 uitgevind het dat ek 'n kankergewas op my skildklier gehad het, was dit so onverwags. Maar soos ek deur daardie ervaring gegaan het, het ek besef dat as ons stop en daaroor nadink, elke dag gevul word met die onverwagte. Ons maak ons ​"moet doen" lysies. Ons begin deur te dink dat ons ​​dag volgens plan gaan verloop. Maar dit gebeur nie, want onderbrekings wat ons nooit gesien kom het nie, kom in ons lewens in en bring die onverwagte.


Maar so verrassend soos die onverwagte vir ons is, moet ons onthou dat ons onverwagte nooit onverwags vir God is nie. God het geweet dat dié dag in my lewe sou kom, en Hy was reeds in daardie dag en het vir my gewag. Vrees het my probeer keer, soos natuurlik gebeur as ons slegte nuus ontvang, maar ek het geweet ek kan nie toelaat dit my oorweldig nie.


Ek het geweet ek moes ophou om te ver vooruit te dink — aan Nick en ons dogters en die onbekende toekoms, of ek sou lewe of sterwe, of dit geneesbaar was of nie. Ek het genoeg geweet om te herken dat my weghol-gedagtes vinnig in 'n gevaarlike rigting kon gaan en my in 'n donker plek laat beland. Ek het geweet dat ek moes bly glo. Soos baie situasies waarin ek al voorheen was, het ek geweet daar was 'n keuse, wat myne was, om te maak: Sal ek in vrees of geloof leef?


Dit was geloof wat my altyd deur my omstandighede voortgedryf het, so ek het geloof gekies. Dit het egter nie beteken dat die vrees weggegaan het nie. Dit het my nogtans versoek, maar ek het geweet dat die versoeking van vrees nie dieselfde was as om daarvoor in te gee nie — en om nie in te gee nie, was die enigste manier waarop ek sy greep kon oorkom.


Ek het begin om in geloof te leef deur my in 'n "geloofskokon" toe te vou. Dit is wanneer ek besluit om aktief in die Woord te bly, voortdurend te luister na aanbiddingsmusiek en net geloof-gevulde stemme toe te laat om in my lewe inspraak te lewer oor 'n bepaalde situasie. Ek het besef ek moes net geloof spreek. Ek het geleer dat ons óf ons vrees óf ons geloof voed, en dat ek die mag het om te kies watter een ek sou voed — ek het dus my geloof gevoed. Ek het na God toe gehardloop en nie weg van Hom af nie. Ek het die goeie stryd van geloof gestry.


Deur Christine Caine se nuutste boek, Unexpected te lees, kan jy dieper delf in hierdie boodskap van bonatuurlike vrede en volkome vertroue in God, selfs wanneer die lewe 'n onverwagse draai maak. Kom meer te wete daaroor hier


Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Future" Deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome v...

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid