Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 4 VAN 30

Jesus se vreugde lê daarin om te weet dat die volle krag van sy geaardheid so in harmonie met sy Vader was dat Hy sy Vader se wil met vreugde gedoen het. Sommige van ons is traag om God se wil te doen; ons doen dit asof ons skoene van yster en lood gemaak is; ons doen dit met 'n groot sug en met die hoeke van ons monde wat hang, asof sy wil die moeilikste ding op aarde is. Maar wanneer ons eie wil reggehelp word en in harmonie met God gebring word, is dit 'n vreugde, 'n oorvloedige vreugde om God se wil te doen.



Praat met die heiliges oor lyding en hulle kyk jou verbaas aan. "Lyding? Watter lyding?" Lyding hang van interpretasie af. Vir die heilige is daar 'n oorweldigende genot in God; nie genot in lyding nie, maar as God se wil ons deur lyding moet lei, is daar genot in sy wil.



Oordenkingsvrae: Hoekom is ek traag om God se wil te doen? Watter valse geloof laat my dink dat God my nie gelukkig wil hê nie? Wanneer het ek die vreugde ervaar om God se wil te doen?



Aanhalings uit: "The Moral Foundations of Life", © Discovery House Uitgewers
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid