Leesplan inligting

'n Saak vir Christus LeesplanVoorbeeld

Case For Christ Reading Plan

DAG 1 VAN 7

Hoe Vervul Jesus die Messiaanse Profesie as die Dienskneg-Geneser?



Matteus 12:15-21 haal die profesie van Jesaja 42:1-4 aan wat sê dat die Messias, deur die Gees van God in nederigheid na die swakkes sou omsien. Hoe vervul Jesus hierdie profesie?



Beide Matteus en Jesaja beeld 'n leier as dienskneg uit wat die krag sou hê om te genees, maar wat sou besluit om nie sy krag te gebruik om openbare erkenning te ontvang nie. Jesus het stil, maar bestendig die koms van die koninkryk van God verkondig. In Matteus 12:16 vra Jesus diegene wat Hy genees het om nie aan ander mense te vertel wie Hy is nie. Dit is 'n bewys van sy nederigheid en begeerte om nie aandag na Homself te trek nie.



Die Messias het gekom om die swakkes te dien, wat die geknakte riet en rokende lamppit aangrypend simboliseer. 'n Geknakte riet het geen ander doel as om weggegooi te word en 'n rokende lamppit moet afgeknip of weggegooi word. Hierdie beelde stel mense voor wat deur ander verwerp is, maar deur die Messias omarm word. Die evangelie bevat baie gevalle waar Jesus uitreik na dié van 'n lae sosiale stand wat aan die genade van diegene met mag en rykdom onderwerp was. (Sien Matteus 11:28-30; Lukas 7:36-50; Johannes 8:1-11).



Jesus se bediening onder die siekes en swakkes en sy uitbeelding van nederigheid, ten spyte van sy groot krag, het die profesie van Jesaja 42 vervul. Matteus het hierdie vervulling besef en het Christus se dade opgeteken sodat ons dit vandag kan beoordeel.





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Case For Christ Reading Plan

Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie ...

More

Ons wil Lee Strobel en Zondervan bedank vir die verskaf van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://store.faithgateway.com/products/the-case-for-christ-a-journalists-personal-investigation-of-the-evidence-for-jesus

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid