YouVersion Privaatheidsbeleid

Laas op 2 April 2020 gewysig

Soos aangedui in die beleid hieronder, sal die Engelse weergawe van die Privaatheidsbeleid en Gebruiksvoorwaardes die amptelike weergawe van jou verbintenis met YouVersion wees. Jy kan ook 'n outomatiese vertalingsplatform soos Google Translate gebruik om die dokumente in jou eie taal te lees. Enige toekomstige hersiene vertalings sal op hierdie blad geplaas word.


Belangrik: Lees Eers Hier

Ons lewens is gevul met familie, werk, sosiale afsprake en nog meer. Die meeste van ons maak staat op slimfone en ander digitale toestelle om ons te help om ons daaglikse verpligtinge te bestuur en in verbinding te bly.

In 2006 was Life.Church 'n dinamiese, aktiewe geloofsgemeenskap en het aan maniere begin dink hoe ons mense kon help, om deur middel van opkomende tegnologieë, die Bybel te kon ervaar, wat tot verandering in hul lewens sou lei. Dit het ons gelei om die YouVersion Bybeltoep te skep, een van die eerste 200 gratis toeps in Apple se Toepwinkel, wat in 2008 vrygestel is.

Namate al hoe meer mense YouVersion begin gebruik het, het ons die waarde daarvan besef om mense te help om hul geloof in 'n gemeenskap te bou, met die gesamentlike doel om in 'n veilige omgewing aan hulle verhouding met God te werk.

YouVersion is veel meer as net 'n elektroniese boek wat jou toelaat om die Bybel op jou foon te lees. Elke produk en diens wat ons verskaf, skep ons met sorg en 'n spesifieke doel. Ons ontwerp elke funksie om jou te help om 'n dieper verhouding met God te hê. Ons spreek vrae oor geloof aan, in 'n veilige omgewing, binne 'n vertroulike gemeenskap van jou keuse. Jy kies waartoe jy toegang wil hê. Jy kies wat jy deel en met wie. Jou data behoort aan jou. YouVersion verkoop nie jou inligting nie, en sal dit ook nie met ander deel sonder jou toestemming nie.

Alles wat YouVersion verskaf is heeltemal verniet, met geen advertensies en bybedoelings nie; verniet vir individue en verniet vir ons Bybel- en inhoudsvennote. Hoe kry ons dit reg? As 'n digitale bediening van Life.Church, word YouVersion grootliks ondersteun uit Life.Church se algemene begroting en ook deur bydraes van individue wat deel wil wees van ons bediening om mense te help om tegnologie te gebruik om die Bybel te ervaar en lewens te verander.

Lees asseblief hierdie Privaatheidsbeleid aandagtig deur, want dit verduidelik hoe ons jou persoonlike inligting insamel, gebruik, deel en verwerk.

Inhoud

Kort Oorsig

Wanneer jy YouVersion gebruik, stem jy in tot hierdie Privaatheidsbeleid en die Gebruiksvoorwaardes. Jy gee ook toestemming dat jou data oorhandig kan word aan, en verwerk kan word deur die Verenigde State van Amerika. Jou gebruik van YouVersion is ook onderhewig aan ons Gebruiksvoorwaardes. Lees asseblief daardie voorwaardes ook baie versigtig deur.

Hier is 'n opsomming van wat jy kan verwag om in ons Privaatheidsbeleid te kry. Dit sluit al die produkte en dienste met die YouVersion handelsmerk in:

Hoe ons jou data gebruik om jou YouVersion-ervaring meer persoonlik te maak.

Hierdie Privaatheidsbeleid dui die soort data aan wat ons uit jou interaksie met YouVersion insamel, asook hoe ons daardie data verwerk om jou YouVersion-ervaring te verbeter. Wanneer jy 'n YouVersionrekening skep, of enige van ons toepassings op die webtuistes gebruik, word die inligting wat ons insamel slegs gebruik om vir jou 'n persoonlike ervaring te gee.

Jou privaatheid word beskerm.

Ons neem die privaatheid van die inligting wat jy verskaf, en wat ons insamel, ernstig op, en ons tref die nodige veiligheidsmaatreëls om jou data te beskerm soos dit hieronder bespreek word. Ons deel nie jou persoonlike, identifiseerbare data met enige derdeparty adverteerders of advertensienetwerke, vir derdeparty adverteringsdoeleindes nie.

Dit is jou ervaring.

Jy kan kies hoe jou persoonlike inligting ingesamel, gebruik, gedeel en deur Life.Church gestoor word, soos hier onder bespreek word. Vanaf die eerste keer dat jy YouVersion gebruik en wanneer jy party van YouVersion se funksies gebruik, het jy het 'n keuse oor hoe ons jou inligting gebruik en verwerk. Jy kan ook sekere keuses uitoefen in die verstellings-keuselys van jou YouVersionrekening of by https://my.bible.com/settings.

Ons verwelkom jou vrae en kommentare.

Ons verwelkom enige vrae en kommentare wat jy oor ons Privaatheidsbeleid en privaatheidsfunksies mag hê. As jy enige vrae of kommentare het, kan jy ons per pos kontak by Life.Church, Attn.: YouVersion Support, 4600 E. 2nd St., Edmond, Oklahoma 73034, of 'n e-pos stuur na help@youversion.com.

Waar YouVersion hierdie Privaatheidsbeleid in 'n ander vertaling as Engels aan jou beskikbaar gestel het, stem jy in dat dit slegs vir jou gerief is en dat die Engelse weergawe die bepalende Privaatheidsbeleid is, wat jou verbintenis met YouVersion aan betref. Indien daar verskille tussen die Engelse weergawe en die vertaalde weergawe is, sal die Engelse weergawe voorrang geniet.


Definisies

Om hierdie dokument makliker leesbaar te maak, gaan ons deurgaans verkorte terme gebruik. Byvoorbeeld, wanneer ons "YouVersion" sê, praat ons oor:

YouVersion se produkte word besit en beheer deur Life.Church Operations, LLC, waarna ons verder in hierdie beleid sal verwys as "Life.Church", "ons" of "ons s'n". Ons laat ongeregistreede gebruikers toe om YouVersion te gebruik, wat ons "Besoekers" noem en geregistreerde gebruikers, wat ons "Lede" noem. Wanneer ons in hierdie beleid na altwee verwys, sal ons die woord "Gebruikers" of "jy" gebruik.


Die Inligting Wat Ons Insamel en Hoe Ons Dit Doen

Die inligting wat ons insamel hang af van die dienste en funksies wat jy aanvra. Jy mag weier om persoonlike inligting aan ons te verskaf; dit kan ons egter verhinder om sekere YouVersiondienste of -funksies aan jou te verskaf. Die persoonlike inligting wat ons versamel en die doel waarvoor ons dit gebruik, word hier onder beskryf.

Persoonlike Inligting Wat Jy Aan Ons Verskaf.

Jy hoef nie as 'n lid in te teken en 'n rekening te skep om YouVersion te gebruik nie. Lidmaatskap laat ons egter toe om jou ervaring meer persoonlik te maak. As jy 'n YouVersionrekening skep en lid wil word, het ons jou naam, van en 'n geldige e-posadres nodig. Ons sal hierdie inligting gebruik om jou met jou spesifieke YouVersionrekening te assosieer. Nadat jy 'n rekening geskep het, het jy ook 'n keuse om jou geslag, ouderdom, webtuiste, ligging, biografie, profielfoto en ander inligting te verskaf. Al hierdie inligting sal ook, indien jy dit verkies, met jou rekening geassosieer word.

Behalwe die persoonlike inligting wat ons insamel as jy 'n rekening skep, het jy ook keuses oor die ekstra inligting wat jy verskaf. Ons samel persoonlike data in as jy dit aan YouVersion gee, plaas of oplaai. Jy hoef nie hierdie inligting te gee nie, maar as jy dit nie doen nie, beperk dit ons vermoë om YouVersion te verpersoonlik en jou vermoë om YouVersion ten volle te gebruik. Hier onder bespreek ons die spesifieke funksies waarvoor YouVersion jou inligting nodig het en verwerk.

Jou Gebruikersbydraes.

YouVersion laat gebruikers toe om sekere inhoud te plaas, te versprei en ten toon te stel (ons verwys daarna as "geplaas" en die inhoud as "plasings"). Plasings kan openbaar gemaak word op YouVersion se webtuistes en sosiale media rekeninge waardeur jy toegang tot YouVersion verkry, of aan ander gebruikers oorgedra word of derdepartye waarmee jy kies om op ander platforms of dienste verbinding mee te maak. Dit sluit byvoorbeeld kommentare op 'n vriend se plasing in, of as jy 'n versbeeld skep en deel. YouVersion laat jou ook toe om sekere inhoud te skep om in jou rekening te bly, soos bv. 'n nota, boekmerk of Bybelvers, wat jy met ander kan deel. Ons noem al die inhoud wat jy geskep het, of jy dit nou plaas of nie, "Gebruikersbydraes."

Jou Gebruikersbydraes word deur ons verwerk sodat jy dit kan gebruik, stoor of deel, net soos jy verkies. Jou Gebruikersbydraes sal met jou rekening geassosieer word, solank jy kies om dit nie uit te wis nie. Hou asseblief in gedagte dat, indien jy persoonlike inligting op 'n openbare platform verskaf, dit ook gebruik kan word in gesamentlike plasings, op sosiale media, boodskapborde of ander openbare aanlyn forums.

Gebruikersbydraes word op eie risiko geplaas en versprei

. Ons het geen beheer oor dit wat jy deel en wat ander daarmee doen nie. Ons kan dus nie waarborg dat die bydraes wat jy deel nie op 'n ongemagtigde manier beskou en gebruik gaan word nie, en ons kan ook nie enige aanspreeklikheid aanvaar wat met jou Gebruikersbydraes geassosieer word nie.

Donasies en Skenkings.

Sou jy kies om 'n vrywillige donasie deur YouVersion of 'n derdeparty webtuiste wat aan YouVersion gekoppel is, te maak, dan en slegs dan, sal jy gevra word om jou kredietkaart-, bankrekening- of ander betalingsinligting wat nodig is om die transaksie te verwerk, te verskaf. Indien jy dit verskaf, sal ons die plek waarnatoe die skenking moet gaan, sowel as persoonlike inligting soos jou naam, adres, foonnommer en/of e-posadres insamel, om te verseker dat jou donasie gebruik word vir die doel wat jy versoek het, en om vir jou 'n "Jaarlikse Donasiestaat" te gee, wat die donasie(s) vir belastingdoeleindes of vir jou persoonlike gebruik aandui. Ons sal nie finansiële inligting stoor of verwerk wat jy aanlyn verskaf vir die doel om 'n donasie te maak nie. Vanaf die datum van hierdie Beleid, gebruik ons Stripe of Paypal om jou aanlyn donasiebetalings te verwerk. Vir inligting oor hoe hierdie derdeparty jou inligting verwerk, verwys asseblief na hulle privaatsheidsbeleide, wat jy hier kan kry: https://stripe.com/privacy; https://www.paypal.com/us/webapps/mpp/ua/privacy-full.

Jou Kommunikasie aan Ons.

Ons samel inligting oor jou in as jy boodskappe na ons stuur of ontvang, insluitende wanneer jy persoonlike inligting of versoeke per e-pos rig aan help@youversion.com of deur middel van die webtuiste help.youversion.com. Ons behou daardie kommunikasie om jou navrae te verwerk, op jou versoeke te reageer en YouVersion en ander dienste te verbeter.


Outomatiese Data-insamelingstegnologieë

As jy saamstem met ons Privaatheidsbeleid, stem jy in tot die gebruik van koekies en soortgelyke tegnologieë (bv. webbakens, pixels, merkers en toestel-identifiseerders, waarna ons as "koekies" verwys) soos in hierdie beleid uiteengesit is. As jy YouVersion gebruik sonder om jou webblaaier of toestelinstelling rakense koekies te verander, sal ons aanvaar dat jy toestemming gee om al die koekies te ontvang wat deur YouVersion verskaf word.

Koekies en Ander Soortgelyke Tegnologieë.

Ons gebruik koekies om jou en jou toestel(le) op verskillende toepassings van YouVersion te herken. Koekies help ons om jou die beste gebruikerservaring te gee, want hulle laat ons toe om jou te herken en jou gebruikersvoorkeure van sessie tot sessie te behou. Dit help ons ook om jou rekening veilig te hou en die algemene funksionaliteit van die produkte en dienste wat ons deur middel van YouVersion aanbied, te verbeter. Ook help dit om te verseker dat lidmaatskapsinligting saam met die regte lidmaatskapsrekening gebruik word. Dis belangrik om te weet dat ons

NIE

koekies of soortgelyke tegnologieë gebruik vir belangstellingsgebaseerde advertensies of derdepartygoedere of -dienste nie.

Ons gebruik koekies om besonderhede aangaande jou gebruik van YouVersion in te samel (insluitende dataverkeer, IP liggingsdata, logs, soorte webblaaie, webbladtaal, die funksie wat versoek word en die tyd van jou versoek), asook ander kommunikasie-data en die bronne wat jy op of deur YouVersion gebruik en skep. Ons gebruik hierdie inligting om 'n unieke YouVersion ervaring aan jou te bied en om beter met jou te kommunikeer. Die inligting word ook versamel om die totale aantal unieke toestelle wat YouVersion en/of dele van YouVersion gebruik te bepaal, om telling te hou van die totale gebruik, om gebruikersdata te analiseer en om sodoende YouVersion se funksionaliteit vir alle lede en besoekers te verbeter. Ons mag hierdie inligting in kombinasie gebruik om vir jou 'n beter ervaring te gee of om die kwaliteit van ons diens te verbeter. Gewoonlik hou ons die data wat ons versamel vir 21 dae, maar mag dit dalk vir 'n langer periode gestoor word indien dit deur die wet bepaal word of om tegniese redes nodig is.

Alhoewel die meeste webblaaiers koekies en soortgelyke tegnologieë by verstek gebruik, kan jy hierdie soort tegnologieë beheer, deur middel van jou webbladinstellings en soortgelyke hulpmiddels, om alle koekies te blokkeer. Jy mag weier om koekies te te aanvaar deur die geskikte instelling op jou webblaaier of toestel te aktiveer, maar as jy dit doen, mag daar sekere dele van YouVersion wees waartoe jy nie toegang sal kan verkry nie. Jy sal ons daardeur verhinder om die volle ervaring van YouVersion aan jou te verskaf en jy mag sekere funksies en dienste wat hierdie tegnologieë vereis nie kan gebruik nie.

Life.Church kan nie ander webtuistes, inhoud of toepassings wat gekoppel is aan of in YouVersion verskaf word, beheer nie. Dit sluit verskeie ander webtuistes en dienste in wat deur derdepartye, soos jou toestel se vervaardiger en jou mobiele diensverskaffer aangebied word. Hierdie derdeparty kan hulle eie koekies of ander leêrs op jou rekenaar plaas, data insamel of persoonlike inligting van jou aanvra. Die inligting wat hulle insamel mag met jou persoonlike inligting geassosieer word of hulle kan die inligting, insluitende persoonlike inligting, oor jou aanlyn aktiwiteite oor 'n periode en verskillende webtuistes en toepassings en ander aanlyn dienste versamel. Hierdie derdepartye mag jou inligting gebruik om vir jou belangstellings-gebaseerde inhoud (gewoontes) te verskaf. Ons beheer nie hierdie derdeparty opsporingstegnologieë of hoe hulle mag gebruik word nie. As jy enige vrae hieroor het, moet jy die verantwoordelike diensverskaffer direk kontak.

Toeskrywing Verskaffers.

Ons adverteer YouVersion op derdeparty webtuistes soos Facebook en Google en gebruik derdepartye se programmatuurstelle vir ontwikkeling ("SDKs") om die aflaai van YouVersion by die advertensie wat op die derdeparty se webwerf geplaas word, moontlik te maak. Ons mag hierdie derdepartye voorsien van getalle, ongeïdentifiseerbare inligting aangaande ons advertensie wat op hulle webtuistes geplaas is, asook elke aflaai van YouVersion wat uit daardie advertensie voortvloei. Ons verkoop nie jou persoonlike inligting aan enige derdeparty nie en laat ook nie ons SDK diensverskaffers toe om jou persoonlike inligting aan derdepartye te verkoop nie, of om jou persoonlike inligting te gebruik om die verkoop van derdeparty goedere en dienste moontlik te maak nie.

Toestel ID, Ligging en Netwerktoegang.

Wanneer jy op YouVersion webtuistes ingaan of dit verlaat, ontvang ons die webadres van beide die webtuiste wat jy verlaat en die een waarnatoe jy volgende gaan. Wanneer jy YouVersion gebruik, kry ons ook inligting oor jou instaanbediener, bedryfstelsel, webblaaier en byvoegsels, toestel identifiseerder en -funksies en/of jou Internet diensverskaffer of mobiele draer. Ons ontvang ook data van jou toestel en netwerke, sowel as jou IP-adres.

Ons gebruik die IP-adresse wat ons van ons gebruikers insamel, om dit te verwerk met openbare omvangsinligting wat verband hou met jou internet en mobiele diensverskaffers, om in sommige gevalle die nabygeleë geografiese streek op 'n gesamentlike en ongeïdentifiseerbare manier vas te stel en uit te beeld, vir elke keer as YouVersion gebruik word. Hierdie omvangsinligting word vir ongeveer sewe dae by ons gestoor, vir probleemoplossing en diagnostiese doeleindes, maar word nooit met enige inligting oor jou, of wat jou persoonlik kan identifiseer, geassosieer nie.

As jy YouVersion vanaf 'n mobiele toestel gebruik en die Gebeurtenisse funksie wil gebruik, sal ons eers jou toestemming vra om toegang te verkry tot jou GPS-ligging, sodat ons Gebeurtenisse naby jou kan vind, soos hier onder beskryf word. Ons deel nie enige persoonlik identifiserende inligting oor jou of jou toestel en die ligging, sonder jou toestemming nie. Jy hoef nie hierdie inligting te verskaf nie, maar as jy dit nie doen nie, kan jy nie Gebeurtenisse ten volle gebruik nie.

Ons samel ook die koordlose (of "WiFi") toestemmings van jou mobiele toestel in, en gebruik dit om vas te stel of jy aan 'n WiFi of sellulêre netwerk verbind is. Hierdie inligting word gebruik om hoër resolusie media aan gebruikers te verskaf, om sodoende 'n beter gebruikerservaring aan 'n gebruiker te bied wat aan 'n hoë-spoed WiFi verbind is, eerder as 'n sellulêre netwerk. WiFi toestemmings word ook gebruik om inhoud deur middel van Chromecast en soortgelyke toestelle te toets. Hierdie inligting word nie deur YouVersion gestoor of gedeel nie.


Hoe Ons Jou Inligting Gebruik

Ons gebruik die data wat ons oor jou insamel en ook dié wat jy aan ons verskaf, asook afleidings wat ons maak uit die inligting, soos volg:

  • Om YouVersion en die YouVersion funksionaliteit op jou versoek te verskaf, te ondersteun en te verpersoonlik;
  • Om jou YouVersionrekening te skep, te onderhou, te verpersoonlik en te beveilig, indien dit nodig is;
  • Om jou versoeke te verwerk en op jou navrae te reageer;
  • Om inligting oor ander YouVersionprodukte of -dienste te verskaf;
  • Om die veiligheid, sekuriteit en integriteit van YouVersion en die infrastruktuur wat die gebruik daarvan moontlik maak, te onderhou;
  • Vir interne ontwikkeling van YouVersion en ons ander produkte en dienste;
  • Vir interne ontleding van die gebruik van YouVersion;
  • Om enige ander doel te bereik waarvoor jy dit verskaf het;
  • Om ons verpligtinge na te kom en ons regte af te dwing volgens toepasbare wette, insluitende ons regte en verpligtinge in hierdie Privaatheidsbeleid en ons Gebruiksvoorwaardes;
  • Soos in hierdie Privaatheidsbeleid beskryf;
  • Op enige ander manier wat ons beskryf as jy die inligting verskaf; en
  • Vir enige ander doel, met jou toestemming.

Lidmaatskap.

Ons gebruik die persoonlike inligting wat jy verskaf, om jou lidmaatskaprekening te skep en in stand te hou. Ons gebruik ook hierdie inligting om jou toegang tot jou rekening te magtig en te bevestig. Ons stoor hierdie inligting en inligting rakende jou gebruik van YouVersion, in samewerking met jou lidmaatskaprekening, so lank as wat jy 'n lid is. Byvoorbeeld: jou naam en van en e-posadres sal gestoor en gebruik word in verband met jou rekeningnaam of outomatiese rekening ID, om jou as die ware gebruiker van die rekening te identifiseer. Ons sal ook jou Gebruikersbydraes wat met jou rekening geassosieer word, stoor, sodat jy toegang kan kry, plasings kan maak en gebruik soos jy sou verkies.

Vriende.

YouVersion sal jou toelaat om met ander gebruikers van YouVersion te kommunikeer en om Bybelverse, Gebruikersbydraes en ander inhoud te deel. Dit is jou keuse om te kommunikeer of kontak te maak met 'n ander lid en om jou inligting of Gebruikersbydraes te deel.

Om jou verbinding met ander YouVersion lede moontlik te maak, sal jy kan kies of jy die kontakinligting wat op jou foon gestoor word, met ons wil deel. Jy hoef nie hierdie inligting te deel om YouVersion te kan gebruik of om met ander lede kontak te maak nie. Indien jy kies om hierdie inligting met ons te deel, sal dit slegs gebruik word om jou kontakete met ander YouVersion lede te assosieer, om sodoende kontak te maak en sal slegs gestoor word vir so lank jy 'n YouVersionrekening het. Wanneer jy toegang verleen tot die kontakte op jou toestel, vir vriendskap voorstelle, kennisgewing wanneer 'n kontak aansluit of om 'n uitnodiging na YouVersion te rig, word daardie inligting in verkorte formaat op ons bedieners gestoor met die doel om jou hierdie funksie te bied.

Gebeurtenisse.

YouVersion Gebeurtenisse stel jou in staat om die ligging van kerke e.d.m. in die omgewing te bepaal, wat hul dienste as 'n gebeurtenis aangewys het, wat jou in staat stel om die inhoud te volg wat voorsien is, aantekeninge te maak en jou eie kopie van die inhoud te stoor vir toekomstige verwysing. As jy hierdie geleenthede aan jou ligging koppel, is toegang en gebruik van jou GPS-ligging nodig.

Wanneer jy vir die eerste keer kies om ons Gebeurtenis Funksie te gebruik, sal jy 'n keuse hê of jy jou GPS-ligging met ons wil deel, en as jy instem, sal ons daardie inligting slegs gebruik om vir jou 'n lys van Gebeurtenisse naby jou te stuur. Ons stoor GPS-ligging inligting vir ongeveer sewe dae vir probleemoplossing en diagnostiese doeleindes, maar word nooit geassosieer met die gebruik van enige YouVersion lid se rekening nie. Wanneer jy klaar die Gebeurtenis funksie gebruik het, kry ons nie meer inligting oor jou ligging nie, totdat jy dit weer gebruik. Nadat jy ons aan die begin toestemming gegee het om jou ligging te gebruik, aanvaar ons dat ons nog steeds daardie toestemming het vir al die ander kere wat jy dit gebruik, tensy jy dit verander by die instellings op jou toestel of in die Gebeurtenis funksie van die Bybeltoep.

As jy verkies om nie jou GPS-ligging te deel nie, kan jy steeds die Gebeurtenis funksie gebruik, maar jy sal met die hand na die Gebeurtenis moet soek, vir die naam, organisasie, stad, land of ander onderskeie soektermes.

YouVersion se Inhoud.

Ons samel die manier waarop jy YouVersion en die inhoud daarvan gebruik in, soos jou Gebedsversoeke, die Bybelhoofstukke en Leesplanne, en die taal waarin jy kies om die inhoud te gebruik. Ons samel ook die Gebruikersbydraes wat jy skep, soos Boekmerke, Kleurmerke en Notas in en stoor dit. Ons verwerk hierdie inligting om jou toegang te gee en gebruik toe te laat, wat jy deur middel van elke YouVersion-sessie wil bekom of skep.

Jy kan kies of jy sekere YouVersion-inhoud en gebruikersbydraes op jou toestel wil aflaai. Jy kan kies of jy YouVersion toegang wil gee tot dit wat op jou toestel gestoor is, en dan byvoeging tot die afgelaaide inhoud te maak en te verander. Toegang tot die berging op jou toestel word slegs deur YouVersion gebruik om die aangevraagde inhoud op jou toestel, af te laai.

Dit is jou keuse of jy YouVersion-inligting en inhoud wil skep, bekom of stoor. As jy dit doen, stoor ons dit in samehang met jou lidmaatskapsrekening. Ons kan inligting oor jou gebruik van YouVersion gebruik en die afleidings wat ons daaruit maak, om aanbevelings aan jou oor ander YouVersion of Life.Church-inhoud te gee. Byvoorbeeld, gebaseer op 'n Leesplan wat jy voltooi het, kan ons addisionele leesplanne voorstel. Jy kan kies om hierdie aanbevelings, wat jy per e-pos ontvang, van die hand te wys, soos hieronder bespreek .

Kommunikasie van Ons aan Jou.

Ons kommunikeer met jou deur middel van "push"-kennisgewing, e-pos of in-toep-boodskappe. As ons per e-pos met jou kommunikeer, kan jy die intekening van die hand wys deur op die betrokke skakel te klik. Jy kan ook jou kennisgewinginstellings van die YouVersion Toep enige tyd by jou instellings verander, deur op die volgende skakel te klikbible.com/notification-settings.

Aanbevelings

Ons gebruik die data wat ons oor jou het en die gevolgtrekkings wat ons uit hierdie data maak, om sekere inhoud en funksionaliteit aan te beveel, sowel as addisionele produkte en dienste wat deur middel van YouVersion aangebied word. Ons kan die inligting wat jy aan ons verskaf kombineer met ander inligting wat ons insamel van ander Life.Church-dienste en -produkte en die afleidings wat ons daaruit maak vir ons interne ontwikkeling om die algehele kwaliteit van alle dienste en produkte wat deur Life.Church gelewer word, te verbeter. Ons kan ook aanbevelings aan jou maak vir ander Life.Church-dienste en -produkte, gebaseer op die inligting wat jy verskaf en wat ons daaruit aflei. Ons kan jou kontak deur middel van "push"-kennisgewing, e-pos of in-toep-boodskappe om hierdie aanbevelings te bespreek, hoe om YouVersion en ander YouVersion-boodskappe te gebruik.

Meningspeilings en Opnames

Ondersoeke en opnames word soms deur YouVersion deur ons uitgevoer. Jy is nie verplig om op meningspeilings of opnames te reageer nie, en jy het 'n keuse oor die inligting wat jy verskaf. Omdat die doel van hierdie meningspeilings en opnames kan verskil, sal ons inligting verskaf rakende die openbaarmaking en gebruik van persoonlike inligting in verband met enige peiling of opname voordat jy enige inligting verstrek.

Ons kan jou persoonlike inligting gebruik om regs-, sekuriteits- en tegniese probleme en klagtes rakende YouVersion te ondersoek, daarop te reageer en op te los, en indien nodig, vir veiligheidsdoeleindes, of om moontlike bedrog, wetlike oortredings, oortredings van ons Gebruiksvoorwaardes of hierdie privaatheidsbeleid, of pogings om jouself of ander skade aan te doen. Ons kan jou inligting gebruik om jou te kontak oor rekening sekuriteit, wettige en ander diensverwante probleme. Let daarop dat jy nie die opsie om sulke boodskappe van ons te ontvang van die hand wys nie.

Kennisgewing

Ons mag jou persoonlike inligting gebruik om kennisgewing te gee oor 'n veiligheidsvoorval of inbraak op data, deur: (i) 'n boodskap te stuur na die e-posadres wat jy verskaf (soos van toepassing); (ii) plasing op 'n publieke bladsy van YouVersion of deur middel van 'n in-toep-boodskap; (iii) deur middel van staatsmedia; en/of (iv) telefoniese middele, insluitend oproepe en/of sms-boodskappe, selfs al word dit deur middel van outomatiese metodes, wat outomatiese skakelers insluit, gestuur. Standaard tariewe van jou diensverskaffer vir teks- en databoodskappe mag van toepassing wees. Kennisgewings wat ons per e-pos stuur, sal van krag wees wanneer ons die e-pos stuur, kennisgewings wat ons stuur, sal effektief wees tydens die plasing en deur middel van in-toep-boodskappe wanneer die boodskap gestuur word, en kennisgewings wat ons deur middel van telefoniese middele verstrek, sal effektief wees wanneer dit oorgedra word of ons jou skakel. Jy gee toestemming om elektroniese kommunikasie van Life.Church te ontvang rakende YouVersion en jou gebruik en toegang tot die dienste wat deur YouVersion gelewer word. Dit is jou verantwoordelikheid om jou e-posadres en enige ander kontakinligting wat jy aan ons verskaf aktief te hou, sodat ons hierdie kommunikasie aan jou kan gee.

Analise en Werkverrigting.

Ons ontleed die persoonlike data wat tot ons beskiking is intern, en die gebruik van YouVersion-inhoud, sowel as die gevolgtrekking wat ons uit die data maak, om die sosiale, ekonomiese en geografiese neigings waar te neem volgens die inhoud van YouVersion. In sommige gevalle werk ons saam met betroubare derdepartye om hierdie navorsing uit te voer, onder kontroles wat ontwerp is om jou privaatheid te beskerm,soos hieronder bespreek . Ons mag die gebruik van YouVersion-inhoud op 'n saamgestelde manier openbaar maak met inligting wat ongeïdentifiseerbaar en anoniem is, wat nie 'n spesifieke gebruiker of die gebruiker se persoonlik-identifiseerbare inligting openbaar nie. Ons kan byvoorbeeld jou data gebruik om statistiek te genereer oor die algehele wêreldwye gebruik van YouVersion of in spesifieke geografiese streke.

Ons gebruik ook ongeïdendifiseerbare saamgestelde gebruikersdata om YouVersion te bemark, insluitend kommunikasie wat YouVersion-lidmaatskap en netwerkgroei bevorder, soos om die totale aantal YouVersion-installasies te vier. As jy statistiek sien wat ons in die openbaar deel, soos wêreldwye YouVersion-betrokkenheid, maak ons ​​seker dat die data in 'n saamgestelde vorm ontleed en gepubliseer word, deur jou privaatheid te beskerm en jou identiteit en persoonlike inligting vertroulik te hou. Ons gebruik data, insluitend persoonlike inligting wat deur die gebruiker verskaf word, saamgestelde gebruikersdata, data wat ingesamel is deur die gebruik van YouVersion, openbare terugvoer, en inligting wat uit hierdie data afgelei word, om interne navorsing en ontwikkeling uit te voer, om sodoende 'n beter algemene YouVersion-ervaring te bied, deur die werking van YouVersion te meet, en die uitvoering van YouVersion en die funksies daarvan te verhoog. Dit word gedoen deur wysigings aan die beskikbare YouVersion aan te bring, sowel as om boodskappe aan gebruikers te stuur, wat die werking en die inhoud aandui.

Sensitiewe Data

Deur YouVersion af te laai en te gebruik, aanvaar ons nie dat jy van 'n bepaalde godsdienstige denominasie is nie, of dat jy aan ons 'n bepaalde geloofsoortuiging uitspreek nie; ons neem bloot aan dat jy belangstel in die inhoud wat ons lewer. Ons vereis nie dat gebruikers inligting oor sulke oortuigings aan ons verstrek of enige ander sensitiewe gegewens soos ras, etnisiteit, filosofiese oortuigings of fisiese of geestelike gesondheid verskaf om YouVersion te gebruik of 'n YouVersionrekening te skep of in stand te hou nie. Jy het die opsie met sekere YouVersion-funksies om gedagtes en boodskappe met betrekking tot YouVersion-inhoud te skep, te stoor en te deel, insluitend die opsie om gebede te plaas en te deel. Dit is jou keuse om sensitiewe inligting te verskaf, sou dit 'n opsie wees, binne die gebruikersbydraes wat jy skep. As jy kies om enige sensitiewe inligting te verstrek, kan ons daardie inligting gebruik met ander nie-sensitiewe inligting wat jy verskaf, om 'n meer persoonlike YouVersion-ervaring vir jou te skep en om die dienste en aksies wat jy versoek deur YouVersion te verrig, soos om inhoud te deel of te stoor. Nietemin sal Life.Church slegs sensitiewe inligting verwerk wat jy aan ons verskaf vir die wettige aktiwiteite van Life.Church en uitsluitlik in ooreenstemming met die bepalings van hierdie beleid en enige addisionele versoeke wat jy oor die inligting rig. Ons sal ook jou inligting op datum hou volgens toepaslike voorsorgmaatreëls wat in hierdie beleid bespreek word en wat andersins deur Life.Church voorsien word. As jy enige vrae het, kan jy ons gerus kontak by help@youversion.com.


Openbaarmaking van Jou Inligting

Ons verkoop of deel nie jou persoonlike data met enige derdeparty-adverteerders of advertensienetwerke vir hul advertensiedoeleindes nie. Ons kan jou persoonlike inligting aan derdepartye bekend maak om ons in staat te stel om YouVersion te voorsien, soos hieronder bespreek.

Openbaarmaking Namens Jou.

Ons kan persoonlike inligting openbaar maak wat ons insame, of wat jy verskaf, soos beskryf in hierdie privaatheidsbeleid om ons verpligtinge ingevolge ons Gebruiksvoorwaardes na te kom, om die doel te bereik waarvoor jy dit voorsien, vir enige ander doel wat jy versoek wanneer jy die inligting verstrek, of vir enige ander doel waarvoor ons jou toestemming het.

Openbaarmaking deur Jou.

As jy inligting deur middel van YouVersion deel, kan jy hierdie inligting sien en deur enigiemand anders met wie jy dit wil deel. As jy toegang tot jou YouVersion-rekening aan ander toepassings en dienste gee, sal daardie dienste dan toegang hê tot jou gedeelde inligting op grond van jou goedkeuring. Die gebruik, versameling en beskerming van jou data deur sulke derdeparty-dienste is onderworpe aan die beleidsbepalings van die derdepartye.

Interne Openbaarmaking.

Ons sal jou persoonlike data intern in Life.Church verwerk om die persoonlike inligting wat oor die verskillende fasette van YouVersion gedek word, en ons ander produkte en dienste te kombineer sodat ons dienste op 'n persoonlike en nuttige manier aan jou en ander gelewer word.

Diensverskaffers.

Ons mag van jou persoonlike inligting wat ons insamel of wat jy verstrek, soos in hierdie Privaatheidsbeleid beskryf, bekendmaak aan kontrakteurs, diensverskaffers en ander derdepartye wat YouVersion uitsluitlik ondersteun (soos wolk-gasheerdienste, koekieverskaffers, onderhoud, ontleding, oudit, betaling, bedrogopsporing, kommunikasie en ontwikkeling). Sommige platforms wat gebruik word om e-posse en kennisgewings wat deur YouVersion verskaf word uit te stuur, word byvoorbeeld deur derdepartye ontwikkel en bestuur, dus word sommige van jou inligting in veilige modus na daardie dienste gestuur om sodanige funksies te bied. Hulle sal slegs toegang hê tot jou inligting as wat redelikerwys nodig is om hierdie take namens ons uit te voer en word verplig om dit nie vir ander doeleindes bekend te maak of te gebruik nie.

YouVersion se Inhoudverskaffers.

Ons gebruik sekere derdepartye om sekere YouVersion-inhoud te voorsien, soos Leesplanne. Ons deel nie persoonlike inligting van YouVersion-gebruikers met hierdie derdepartye nie. Ons bied egter aan hierdie derdepartye opgesomde ontledings oor die gebruik van hul inhoud, per land, maar hierdie data word ongeïdentifiseer en anoniem verskaf.

Ons vermoë om verskillende weergawes van die Bybel in verskillende tale aan te bied, is 'n gevolg van en onderhewig aan ooreenkomste tussen ons en sekere Bybelgenootskappe en uitgewers, wat ons "YouVersion Inhoudverskaffers" sal noem. Die lisensieooreenkomste wat ons met sommige YouVersion Inhoudverskaffers het, stel ons net in staat om gebruikers van YouVersion die geleentheid te gee om 'n sekere Bybelweergawe af te laai vir aflyn gebruik, as ons die gebruikersnaam, e-posadres en land vir toekomstige kommunikasie aan YouVersion Inhoudverskaffers voorsien. As dit die geval is met 'n weergawe wat jy vir aflyn gebruik wil aflaai, sal ons (i) hierdie inligting slegs met die YouVersion Inhoudverskaffers deel vir die spesifieke weergawe wat jy versoek; (ii) dit op 'n vertroulike basis doen en slegs as die YouVersion Inhoudverskaffers instem om die inligting wat ons oor jou verskaf, vertroulik te hou; en (iii) om aan jou 'n ekstra por-boodskap te gee as 'n herinnering aan hierdie bepalings, waarvoor jy op daardie tydstip moet instem om voort te gaan met die aflaaiproses. As jy nie instem nie, kan jy voortgaan om die aanlynweergawe te gebruik. Geen ander persoonlike inligting van jou sal met YouVersion Inhoudverskaffers gedeel word nie, en geen inligting sal gedeel word voordat jy die goedkeuring verleen nie, wat jou dan toegang gee om die spesifieke weergawe af te laai. Jou interaksie met enige YouVersion Inhoudverskaffers is uitsluitlik tussen jou en daardie YouVersion Inhoudverskaffer.

Dit is moontlik dat ons inligting oor jou sal moet openbaar maak wanneer dit deur die wet, dagvaarding of ander regsproses vereis word. Ons poog om gebruikers in kennis te stel van wettige vereistes vir hul persoonlike gegewens, waar toepaslik volgens ons oordeel, tensy dit deur die wet of hofbevel verbied word, of as die versoek 'n noodgeval is. Ons mag sulke eise betwis as ons volgens ons diskresie glo dat die versoeke oordrewe of vaag is, of nie behoorlike gesag het nie, maar ons belowe nie om elke eis uit te daag nie. Ons mag ook jou inligting bekendmaak as ons glo dat die openbaarmaking redelik noodsaaklik is om (i) ondersoeke uit te voer, te voorkom of op te tree ten opsigte van vermoedelike of werklike onwettige aktiwiteite of om regering toepassingsagentskappe by te staan; (ii) ons ooreenkomste met jou af te dwing; (iii) ondersoeke te doen en onsself te verdedig teen eise of aantygings van derdepartye; (iv) die veiligheid of integriteit van YouVersion te beskerm; of (v) die regte en veiligheid van Life.Church, gebruikers, ons personeel of ander te verseker of te beskerm. Ons behou ook die reg voor om persoonlike inligting wat ons oor jou het, vertroulik te openbaar in verband met 'n potensiële of werklike samesmelting of verkryging, soos die verkoop van aansienlike- of al ons bates.


Uitwissing, Toegang, en Regstelling van Jou Inligting

Hoe Om Jou Versoeke Te Rig.

Van die persoonlike data wat ons van jou het, mag jy die volgende aanvra:

  • Skrapping

    : Jy mag ons versoek om sekere van, of al jou persoonlike inligting, te skrap of te verwyder. As jy dit doen sal dit die funksies in YouVersion beperk. Let daarop dat 'n e-posadres nodig is om lid te word en te verseker dat ons behoorlik kan bevestig wie die gebruiker van daardie rekening is.
  • Korreksie/Wysiging

    : Jy mag van jou persoonlike data deur middel van jou rekening wysig of ons vra om in sekere gevalle jou data te verander, op te dateer of reg te stel, insluitend as dit is verkeerd.
  • Beswaar maak, of Beperk, Gebruik van Data

    : Jy mag ons vra om die gebruik van al jou persoonlike data of sommige daarvan te staak of om ons gebruik daarvan te beperk.
  • Reg van Toegang tot en/of Jou Data te Neem

    : Jy mag ons vra vir 'n afskrif of bekendmaking van jou persoonlike data wat jy aan ons verskaf het.

Sekere wette kan die reg verskaf om hierdie en addisionele versoeke te rig ten opsigte van jou persoonlike inligting. As jy ons van persoonlike inligting voorsien het en volgens die wetgewing van 'n spesifieke streek, so 'n versoek wil rig, stuur dan jou versoek aan help @youversion.com en sluit die frase "[Jou Staat/Land] Privaatheidsversoek" in die onderwerpreël in.

Om hierdie of enige ander versoeke ten opsigte van jou persoonlike inligting te rig, kan jy 'n e-pos stuur na help@youversion.com of e-pos jou versoek aan Life.Church, attn.: YouVersion Support, 4600 E. 2nd St., Edmond, Oklahoma 73034.

Ons vra dat individue wat versoeke rig, hulself met ten minste hul naam, adres en e-posadres moet identifiseer en die inligting wat versoek word om toegang, regstelling of verwydering, te identifiseer voordat ons enige versoeke verwerk. Ons mag weier om versoeke te verwerk as ons nie die identiteit van die versoeker kan verifieer nie, as ons glo dat die versoek die privaatheid van ander in gedrang sal bring, as ons glo dat die versoek enige wetlike of regsvereiste sou oortree, as ons glo dat die versoek die inligting foutief sal maak, of as dit vir 'n soortgelyke geldige doel is.

Ons sal nie teen jou diskrimineer vir die uitoefening van enige van jou regte kragtens toepaslike wetgewing nie. Ons hef geen fooi om op jou kontroleerbare versoek te reageer nie, tensy dit buitensporig, herhalend of klaarblyklik ongegrond is. As ons vasstel dat die versoek 'n fooi regverdig, sal ons jou inlig hoekom ons daardie besluit geneem het en jou 'n kosteberaming gee, voordat jy jou versoek voltooi het.

Jou Rekening Uitwis.

As jy kies om jou rekening te sluit of vra dat ons sommige of al jou persoonlike inligting verander of uitvee, sal ons jou persoonlike inligting behou as ons 'n wetlike reg of verpligting het om die inligting te onderhou of om aan regulatoriese vereistes te voldoen, geskille op te los, sekuriteit in stand te hou, bedrog en misbruik te voorkom, ons regte af te dwing, of aan enige ander versoeke van jou te voldoen (byvoorbeeld deur verdere boodskappe van die hand te wys of vir 'n afskrif van jou data). Andersins, as jy versoek dat ons jou rekening sluit, sal ons jou rekening en al die inligting wat ons het, wat met jou rekening geassosieer word, uitvee, behalwe vir die totale statistieke, gebaseer op ongeïdentifiseerde inligting en afleidings wat ons daaruit maak. Ons sal ook die opgesomde telling van die totale aantal YouVersion-toepassings wat afgelaai is, behou, wat insluit dat jy YouVersion afgelaai het, sonder om persoonlike inligting te behou wat met jou rekening verband hou.

Nadat jy gevra het dat jou rekening gesluit word, of self probeer het om jou rekening te sluit, het jy geen beheer oor inligting wat jy deur middel van YouVersion met ander gedeel het nie. Die inligting en inhoud wat jy gedeel het sal nog steeds sigbaar wees op ander plekke, (soos soekblaaie resultate), tensy hulle hul soektog geskiedenis verwyder.


Sekuriteit en Beskerming

Ons implementeer veiligheidsmaatreëls wat ontwerp is om jou data te beskerm. Dit sluit in die gebruik van enkripsie vir jou data terwyl dit tussen jou toestel of webblaaier en ons bediener oorgedra word en terwyl dit in rus is. Data wat deur YouVersion aan ons verskaf word, word ook gestoor in 'n ISO 27017-gesertifiseerde infrastruktuursbestuurstelsel, wat beteken dat dit geoudit is en gevind is in ooreenstemming met die vereistes van die bestuurstelselstandaarde ISO 27017, 'n internasionaal erkende praktykskode vir beheermaatreëls vir inligtingveiligheid vir wolk-dienste.

Gegewe die aard van kommunikasie- en inligtingstegnologie, en dat die gebruik van die internet inherente risiko's inhou, hoewel ons gereeld monitor vir moontlike kwesbaarhede en aanvalle, kan ons nie waarborg of verseker dat die inligting wat deur YouVersion aan ons verskaf word of wat op ons stelsel gestoor is, absoluut vry is van ongemagtigde indringing deur ander nie en ons kan ook nie waarborg of verseker dat daar nie toegang tot sulke inligting, openbaar gemaak, gewysig of vernietig kan word deur enige verbreking van ons fisiese, tegniese of bestuursmaatreëls te beskerm nie.


Kinders Jonger As 16

Ons samel nie persoonlike inligting in van enige persoon wat ons weet jonger as 16 is sonder die toestemming van die ouer of wettige voog van daardie minderjarige nie.

'n Ouer of voog kan toestemming gee dat die YouVersion-rekening deur 'n minderjarige op die ouer of voog se primêre profiel of 'n sekondêre profiel van die ouer/voog se rekening gebruik word op die platform wat die Bybel App vir Kinders genoem word. As jy jou minderjarige kind toelaat om jou rekening te gebruik (hetsy deur jou profiel of 'n Bybel App vir Kinders-profiel), is jy alleen verantwoordelik om toesig te hou oor die gebruik van YouVersion van die minderjarige en aanvaar jy die volle verantwoordelikheid vir die interpretasie en gebruik van enige inligting of voorstelle wat deur middel van YouVersion verskaf word.

Om 'n sekondêre profiel te skep, moet jy toegang hê tot jou rekening met jou gebruikersinligting en sal jy alleen beheer hê oor die profiel van die Bybel App vir Kinders. Ons vereis nie dat jy enige persoonlik identifiseerbare inligting oor jou minderjarige kind aan ons bekend maak om 'n profiel vir die Bybel App vir Kinders te skep nie. Wanneer jy 'n profiel vir jou minderjarige kind opstel, moet jy 'n “kind se naam” gee om die rekening te identifiseer; hierdie naam kan wees wat jy ook al kies, en jy hoef nie die werklike naam of familienaam van jou minderjarige kind te gee nie.

Waar jy jou minderjarige kind se inligting aan jou rekening koppel, sal ons aanvaar dat jy toestemming gee tot die verwerking van hierdie inligting in ooreenstemming met hierdie beleid en ander privaatheidskennisgewings en -voorwaardes wat ons van tyd tot tyd aan jou kan voorsien. As jy jou minderjarige kind toelaat om YouVersion te gebruik, vra ons dat jy die risiko's om persoonlike inligting op die internet te deel, met jou kinders bespreek, en vereis dat hulle hulle daarvan weerhou om met enige derdepartye te kommunikeer of om persoonlike inligting met YouVersion of YouVersion-gebruikers te deel. As jy glo dat ons inligting het oor of van 'n kind jonger as 16, kontak ons dan by help@youversion.com.


Verwerking van Data

Ons sal slegs jou persoonlike gegewens insamel en verwerk waar ons volgens wet toestemming het. Wettigetoestemming sluit toestemming in (waar jy toestemming verleen het), kontrak en ander wettige belange. Sulke wettige belange sluit die beskerming van jou, ons, ander lede en derdepartye in; om aan die toepaslike wetgewing te voldoen; om ons besigheid moontlik te maak en te administreer; korporatiewe transaksies te bestuur; om ons interne prosesse en gebruikersverhoudinge in die algemeen te verstaan en te verbeter; en om ons en ander gebruikers van YouVersion in staat te stel om met jou kontak te maak om inligting uit te ruil, mits die voorafgaande jou regte en vryhede voldoende beskerm.

Waar ons op jou toestemming staatmaak om persoonlike gegewens te verwerk, mag jy toestemming onttrek of weier en waar ons op wettige belange vertrou, kan jy daarteen beswaar maak. As jy enige vrae het oor die wettige basis waarop jou persoonlike data ingesamel en gebruik word, kontak ons asseblief by help@youversion.com.


Inligtinginsameling van Derdepartye

Hou in gedagte dat YouVersion skakels na ander webwerwe of programme kan bevat. Jy is verantwoordelik vir die hersiening van die privaatheidsverklarings en -beleide van die ander webwerwe wat jy kies om na of vanuit YouVersion te verbind, sodat jy kan verstaan hoe hierdie webwerwe jou inligting insamel, gebruik en stoor. Ons is nie verantwoordelik vir die privaatheidsverklarings, -beleide of -inhoud van ander webwerwe of programme nie, insluitend webwerwe wat jou na of vanuit YouVersion verbind. Webwerwe wat mede-handelsmerke bevat (met verwysing na ons naam en die naam van 'n derdeparty) bevat inhoud wat deur die derdeparty gelewer word en nie deur ons nie.

As jy verkies om YouVersion te koppel aan ander webwerwe, toepassings en dienste of profiele wat jy met derdeparty-toepassings het, sal jy die persoonlike inligting wat op daardie toepassings gestoor is, aan Life.Church voorsien. Byvoorbeeld, jy kan 'n nuwe YouVersionrekening begin deur jou Facebook-rekening aan YouVersion te koppel deur persoonlike inligting te verstrek wat jy kies om deur middel van Facebook met Life.Church te deel. Jy kan die skakel met sulke rekeninge en derdeparty-toepassings herroep deur jou instellings van daardie toepassings te verander.


Gebruikers Buite die Verenigde State van Amerika

YouVersion word aangebied vanaf Oklahoma in die Verenigde State van Amerika en jou gebruik van YouVersion en hierdie privaatheidsbeleid word beheer deur die wette van die Verenigde State en die staat Oklahoma. As jy YouVersion buite die Verenigde State gebruik, moet jy asseblief daarvan bewus wees dat jou inligting in die Verenigde State oorgedra, gestoor en verwerk kan word, waar ons bedieners geleë is en ons sentrale databasis bedryf word. Ons verwerk data binne en buite die Verenigde State en maak staat op wettige maniere om data oor die grense heen te dra. Dit sluit kontraktuele verbintenisse tussen ons en maatskappye in wat persoonlike data oorplaas, wat die beskerming en sekuriteit van sodanige data vereis. Die databeskerming en ander wette van die staat Oklahoma, die Verenigde State en ander lande, mag dalk nie so omvattend wees as dié in jou land nie. Deur gebruik te maak van YouVersion, stem jy in dat jou inligting oorgedra word na ons fasiliteite en na die fasiliteite van die derdepartye waarmee ons dit deel, soos beskryf in hierdie Privaatheidsbeleid.


Wysigings aan Ons Privaatheidsbeleid

Ons kan ons Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd bywerk om veranderinge in ons praktyke te weerspieël. Life.Church is deurlopend op soek na nuwe en verbeterde maniere om YouVersion aan te bied en betrokkenheid te verhoog. Namate ons YouVersion verbeter, kan dit beteken dat nuwe data ingesamel word of nuwe maniere om data te gebruik. Aangesien YouVersion dinamies is en ons voortdurend daarna streef om nuwe funksies aan te bied, kan ons moontlik veranderings in ons versameling of verwerking van inligting benodig. As die persoonlike data wat ons insamel wesenlik verskil of die manier hoe ons jou data gebruik wesenlik verander, sal ons hierdie Privaatheidsbeleid opdateer.

Ons sal enige veranderinge aan ons Privaatheidsbeleid op hierdie bladsy plaas. As ons wesenlike veranderinge aanbring in die manier waarop ons die persoonlike inligting van ons gebruikers verwerk, sal ons 'n kennisgewing gee dat die Privaatheidsbeleid opgedateer is. Aan die begin van die beleid word die datum waarop die Privaatheidsbeleid laas gewysig is, aangebring. Jy is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat ons 'n aktiewe en aflewerbare e-posadres vir jou het, en dat jy hierdie Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd besoek om te sien of dit verander het.


Kontakbesonderhede

Om vrae te vra of kommentaar te lewer oor hierdie Privaatheidsbeleid en ons privaatheidspraktyke, kan jy ons gerus kontak by: Life.Church, Attn.: YouVersion Support, 4600 E. 2nd St., Edmond, Oklahoma 73034; of by help@youversion.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid