TITUS 1:1
TITUS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, is 'n dienaar van God en 'n apostel van Jesus Christus. God het mense gekies om aan Hom te behoort en Hy het my gestuur om daardie mense te help sodat hulle geloof meer kan word, sodat hulle kan weet wat die waarheid is en sodat hulle vir God reg kan dien.
TITUS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is
TITUS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n dienaar van God en 'n apostel van Jesus Christus. Ek het die opdrag ontvang om die uitverkorenes van God te lei tot die geloof en tot kennis van die waarheid, dié waarheid wat lei tot die diens van God
TITUS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n dienskneg van God en •apostel van Jesus •Christus, ter bevordering van die geloof van die uitverkorenes van God, en hulle kennis van die waarheid, wat ooreenstem met godvresendheid
TITUS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die erkenning van die waarheid wat na die godsaligheid is
TITUS 1:1 Die Boodskap (DB)
Van Paulus. Ek is ’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus. God het my aangestel om vir almal wat Hy uitgekies het om sy kinders te wees te vertel hoe om te glo. Ek moet die regte kennis oor die waarheid met hulle deel. Hierdie waarheid verander elkeen wat dit glo in ’n dienaar van God.