Titus 1

1
1Paulus, 'n dienskneg van God en •apostel van Jesus •Christus, ter bevordering van die geloof van die uitverkorenes van God, en hulle kennis van die waarheid, wat ooreenstem met godvresendheid, 2in die hoop op die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, reeds voor alle tye beloof het, 3en wat sy woord op sy eie tyd bekend gemaak het deur die verkondiging, wat in opdrag van God, ons Verlosser, aan my toevertrou is –
4aan Titus, my egte seun op grond van ons gemeenskaplike geloof:
Genade en vrede van God, ons Vader, en Christus Jesus ons Verlosser.
Eienskappe van 'n goeie ouderling
5Hiervoor het ek jou in Kreta laat agterbly: dat jy onafgehandelde sake kan afhandel, en in elke dorp ouderlinge kan aanstel, soos ek aan jou opgedra het. 6 Dit moet iemand wees wat onberispelik is, 'n man met een vrou, en met gelowige kinders, wat nie van losbandige gedrag beskuldig kan word, of opstandig is nie. 7Want 'n opsiener moet, as bestuurder oor die huishouding van God, onberispelik wees: nie eiesinnig of humeurig nie, iemand wat nie te veel drink of skoorsoekerig is of oneerlike wins najaag nie, 8maar gasvry, lief vir die goeie, verstandig, regverdig, toegewyd en selfbeheersd. 9Hy moet hom hou aan die betroubare woord, in ooreenstemming met die lering, sodat hy deur die gesonde leer kan bemoedig, en ook hulle wat dit teengaan, verkeerd kan bewys.
Teenstanders in Kreta
10Want daar is baie opstandiges, praatjiesmakers, en mense wat ander mislei, veral onder hulle wat besny is, 11van wie die mond gesnoer moet word, mense wat hele huishoudings omvergooi deur ontoelaatbare dinge te leer, en dit vir skandelike gewin. 12Een van hulle mense, hulle eie profeet, het gesê:
Kretensers –
altyd leuenaars,
slegte ondiere,
lui vrate!
13Hierdie getuienis is waar. Daarom, spreek hulle skerp aan, sodat hulle gesond kan word in die geloof, 14en hulle nie meer besig hou met Joodse mites en menslike voorskrifte wat van die waarheid afwyk nie. 15Alles is rein vir dié wat rein is, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie: sowel hulle denke as hulle gewete is besoedel. 16Hulle bely dat hulle God ken, maar weerspreek dit met hulle dade; hulle is afstootlik en onversetlik, onbekwaam om enigiets goeds te doen.

Tans Gekies:

Titus 1: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid