HOOGLIED 8:9
HOOGLIED 8:9 Bybel vir almal (ABA)
As sy 'n muur was, dan kon ons 'n toring van silwer op haar gebou het, as sy 'n deur was, dan kon ons haar toegemaak het met seder-planke.”
HOOGLIED 8:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As sy 'n muur is, sal ons 'n silwerrand daarop bou, en as sy 'n deur is, sal ons dit met 'n sederplank toeslaan.
HOOGLIED 8:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
As sy 'n muur was, het ons op haar 'n silwertoring gebou, as sy 'n deur was, het ons haar toegemaak met sederplanke.”
HOOGLIED 8:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As sy 'n muur is, sal ons 'n silwerverskansing op haar bou; en as sy 'n deur is, sal ons haar met sederplanke afsper.
HOOGLIED 8:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As sy 'n muur is, sal ons 'n silwerpaleis daarop bou; en as dit 'n deur is, sal ons haar omsluit met sederplanke.