HOOGLIED 8:4
HOOGLIED 8:4 Bybel vir almal (ABA)
Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe dat julle ons nie sal wakker maak en nie sal pla nie. Hoekom wil julle ons wakker maak? Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluit wat om te doen.”
HOOGLIED 8:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?
HOOGLIED 8:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek smeek julle, vroue van Jerusalem, wat is dit dat julle die liefde wakker maak en aanvuur voordat die tyd daarvoor ryp is?”
HOOGLIED 8:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Meisies van Jerusalem, ek besweer julle: Moenie die liefde aanwakker nie, moet dit nie opwek nie, voordat dit nie self wil ontwaak nie.
HOOGLIED 8:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, dat julle my liefde nie opwek en my liefde nie wakker maak totdat Hy dit behaag nie.