HOOGLIED 8:2
HOOGLIED 8:2 Bybel vir almal (ABA)
Ek sou jou na my ma se huis gebring het, en jy sou vir my geleer het van die liefde. Ek sou jou laat drink het van my kruiewyn, van my granaatsap.
HOOGLIED 8:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos.
HOOGLIED 8:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan het ek jou saamgevat en na my ma se huis toe gebring en het jy my daar die kuns van die liefde geleer. Dan het ek jou laat drink van my kruiewyn, van my granaatsap.
HOOGLIED 8:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sou jou lei, jou na my ma se huis neem, sy wat my geleer het. Ek sou vir jou kruiewyn gee om te drink, die sap van my granate.
HOOGLIED 8:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sou jou lei en jou in die huis van my moeder bring, wat my sou onderrig: Ek sou jou laat drink van speserye van die sap van my granaatjie.