HOOGLIED 8:11
HOOGLIED 8:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Salomo besit ’n wingerd in Baäl-Hamon. Hy huur dit uit aan mense wat die wingerd bewerk. Daarvoor betaal hulle hom elkeen 11 000 gram silwer.
HOOGLIED 8:11 Bybel vir almal (ABA)
Hy sê: “Salomo het 'n wingerd gehad in Baäl-Hamon, en hy het sy wingerd vir mense gegee, hulle moes dit oppas. Elkeen moes 1 000 stukke silwer betaal vir die druiwe.
HOOGLIED 8:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salomo het 'n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.
HOOGLIED 8:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Salomo het 'n wingerd gehad in Baäl-Hamon. Hy het die wingerd aan wagte toevertrou. Iemand sou vir die opbrengs goed elf duisend gram silwer wou gee.
HOOGLIED 8:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Salomo het 'n wingerd besit by Baäl-Hamon. Hy het opsigters aangestel wat duisend silwerstukke vir die vruggebruik moes betaal.