HOOGLIED 6:13
HOOGLIED 6:13 Bybel vir almal (ABA)
Die vroue sê: “Sulammitiese vrou, jy moet terugkom, jy moet terugkom! Jy moet terugkom, jy moet terugkom, ons wil jou sien!” Sy sê: “Hoekom wil julle kyk na my, die Sulammitiese vrou, hoekom wil julle kyk wanneer ek dans in die soldate-kamp?”
HOOGLIED 6:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.
HOOGLIED 6:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Kom terug, kom terug, Sulammitiese vrou! Kom terug, kom terug dat ons jou kan sien!” “Wat wil julle sien aan die Sulammitiese vrou waar sy dans in die soldatekamp?”
HOOGLIED 6:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Draai om, meisie uit Sulem, draai om! Draai om! Draai om, sodat ons na jou kan kyk! Waarom staar julle na die meisie uit Sulem asof na die kringdans van Mahanaim?
HOOGLIED 6:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Keer terug, keer terug, Sulamiet! keer terug, keer terug, dat ons na U kan kyk. Wat sal julle in die Sulamiet sien? As 't ware die geselskap van twee leërs.