HOOGLIED 5:7
HOOGLIED 5:7 Bybel vir almal (ABA)
Die polisie wat in die stad loop, het my gekry, hulle het my geslaan en seergemaak, die wagte op die mure het my kopdoek afgeruk.
HOOGLIED 5:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem.
HOOGLIED 5:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wagte wat die stad patrolleer, kry my, hulle slaan my, hulle maak my seer; die wagte op die mure ruk my tjalie van my af.
HOOGLIED 5:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die wagte, op hulle rondtes deur die stad, het my gevind. Hulle het my geslaan, hulle het my verwond, hulle het my sjaal afgeruk, die wagte by die stadsmure.
HOOGLIED 5:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die wagte wat in die stad rondgegaan het, het my gekry, hulle het my geslaan, hulle het my gewond; die wagters van die mure het my sluier van my weggeneem.