HOOGLIED 5:5
HOOGLIED 5:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het opgestaan om oop te maak vir my liefling. My hande was nat van parfuum, en terwyl ek die deur oopsluit, het mirre gedrup van my vingers af.
HOOGLIED 5:5 Bybel vir almal (ABA)
Ek het opgestaan om die deur oop te maak vir die man vir wie ek lief is. Toe my hande aan die deur se slot raak, het die mirre afgedrup van my hande, het die mirre afgeloop van my vingers.
HOOGLIED 5:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ek het opgestaan om vir my beminde oop te maak, terwyl my hande drup van mirre en my vingers van vloeiende mirre op die handvatsels van die grendel.
HOOGLIED 5:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek staan op om oop te maak vir die man wat ek liefhet terwyl my hande drup van die mirre, terwyl die mirre van my vingers af afloop op die deur se knoppe.
HOOGLIED 5:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het opgestaan om vir my liefste oop te maak. My hande het gedrup van mirre, my vingers van vloeiende mirre, op die handvatsels van die grendel.