HOOGLIED 5:16
HOOGLIED 5:16 Bybel vir almal (ABA)
Sy mond smaak soet, en alles aan hom is mooi. Vroue van Jerusalem, dit is die man vir wie ek lief is, dit is my vriend.”
HOOGLIED 5:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.
HOOGLIED 5:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy mond smaak soet, alles aan hom is begeerlik. So lyk die man wat ek liefhet, so lyk my lewensmaat, vroue van Jerusalem.”
HOOGLIED 5:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy mond is pure soetigheid, hy is die begeerlikheid self. So lyk my liefste, so lyk my vriend, meisies van Jerusalem!
HOOGLIED 5:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sy mond is soet; ja, hy is heeltemal lieflik. Dit is my beminde, en dit is my vriend, o dogters van Jerusalem.