HOOGLIED 5:15
HOOGLIED 5:15 Bybel vir almal (ABA)
Sy bene lyk soos marmer-pilare wat op goue voetstukke staan. Hy lyk soos die Libanon-berg waar die beste sederbome groei.
HOOGLIED 5:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; sy gestalte is soos die Líbanon, uitgesoek soos die seders.
HOOGLIED 5:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Sy voorkoms is soos dié van die Libanon, indrukwekkend soos die seders.
HOOGLIED 5:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyngoud. Sy gestalte is soos die Libanon, uitsonderlik soos die seders.
HOOGLIED 5:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sy bene is soos marmerpilare, gevestig op voetstukke van fyn goud; sy voorkoms is soos die Líbanon, pragtig soos die seders.