DIE OPENBARING 21:24-26
DIE OPENBARING 21:24-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie. Die mense sal die luister en die rykdom van die nasies daarheen bring.
DIE OPENBARING 21:24-26 Bybel vir almal (ABA)
Die volke sal lewe in die stad se lig, en die konings van die aarde sal na die stad kom, en dit sal wys hoe belangrik die stad is. Die stad se poorte sal nooit toe wees in die dag nie. En daar is nooit nag nie. Die konings van die aarde sal presente van die volke na die stad bring. Hulle sal die stad prys en sê hoe belangrik dit is.
DIE OPENBARING 21:24-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin. En bedags — want nag sal daar nie meer wees nie — sal sy poorte nooit gesluit word nie; en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
DIE OPENBARING 21:24-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die nasies sal leef in haar lig, en die konings van die aarde sal hulle heerlikheid na haar toe bring. Haar poorte sal bedags nie gesluit word nie, en daar sal ook nie meer nag wees nie. Hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies na haar toe bring.
DIE OPENBARING 21:24-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie. Die mense sal die luister en die rykdom van die nasies daarheen bring.
DIE OPENBARING 21:24-26 Die Boodskap (DB)
Al die mense van die wêreld sal in die lig kan kom leef. Die leiers en heersers van die wêreld sal kom en so wys hoe groot en belangrik die stad regtig is. Die poorte sal nooit toegemaak word nie. Of anders gestel: dit sal die hele dag lank oop bly. Omdat God se lig daar is, word dit nooit nag nie. Niemand buite die stad sal geëer word nie. Almal wat roem of eer werd is, sal na die stad toe kom. Wat die moeite werd is om te eer, sal ’n mens in die stad kry.
DIE OPENBARING 21:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die nasies sal in die stad se lig lewe en die konings van die aarde bring hulle glorie daarheen. Die poorte van die stad sal bedags nooit gesluit word nie, en daar sal nie meer nag wees nie. Die nasies sal hulle glorie en eerbetoon na die stad toe bring.