DIE OPENBARING 1:1
DIE OPENBARING 1:1 Bybel vir almal (ABA)
In hierdie boek is die dinge geskryf wat gou moet gebeur. God het vir Jesus Christus gesê Hy moet hierdie dinge vir al sy dienaars sê en wys. Jesus Christus het sy engel na sy dienaar Johannes gestuur om hierdie dinge vir Johannes te sê en te wys.
DIE OPENBARING 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het
DIE OPENBARING 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien.
DIE OPENBARING 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hier volg 'n openbaring deur Jesus •Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat binnekort moet gebeur. Hy het dit aan sy dienskneg Johannes duidelik gemaak deur sy engel wat Hy gestuur het.
DIE OPENBARING 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die Openbaring van Jesus Christus wat God aan hom gegee het om aan sy diensknegte te toon dinge wat binnekort moet gebeur; en hy het gestuur en dit deur sy engel aan sy dienaar Johannes te kenne gegee.
DIE OPENBARING 1:1 Die Boodskap (DB)
Daar is baie dinge wat mense nie weet nie. Net God weet dit. Jesus Christus het egter die gordyn kom wegtrek sodat mense wat Hom dien ook party van daardie goddelike dinge kan leer ken. Daarvan vertel hierdie brief. Dit is so: God het vir Jesus Christus gewys wat alles in die geskiedenis voorlê. Op sy beurt moes Hy dit wys vir mense wat Hom dien. Dit het Hy gedoen deur ’n engel na sy dienaar, Johannes, te stuur.