PSALMS 15:1-3
PSALMS 15:1-3 Bybel vir almal (ABA)
'n Psalm van Dawid. Here, wie mag bly in u tempel, wie mag woon op u gewyde berg? Net die mens wat heeltemal reg lewe en reg doen en wat die waarheid praat, mag daar kom, die mens wat nie sleg praat van ander mense nie, die mens wat nie slegte dinge doen aan ander mense nie en wat hulle nie beledig nie
PSALMS 15:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie
PSALMS 15:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaadpraat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie
PSALMS 15:1-3 Die Boodskap (DB)
Here, watter mens mag voor U kom staan? Wie mag in u huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is? Iemand wat so optree dat U heeltemal tevrede is met wat hy doen, mag daar kom; ja, hy wat reg doen, wat U wil hê. So iemand praat altyd die waarheid. Hy skinder nie en praat nie sleg oor ander nie, en steek ook nie sy vriend in die rug nie. Dit is iemand wat nie dinge sê wat iemand anders seermaak nie.
PSALMS 15:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
HERE, wie mag dit waag om in u teenwoordigheid te kom? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat onberispelik lewe en doen wat reg is, met ’n opregte hart die waarheid praat; wat nie sy medemens belaster, hom benadeel, of van hom kwaadpraat nie