SPREUKE 9:7
SPREUKE 9:7 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy vir iemand iets wil leer, iemand wat altyd wil spot, dan sal hy miskien vir jou lag. Wanneer jy vir iemand wat verkeerd lewe, wil leer wat hy moet doen, dan sal hy miskien vir jou seermaak.
SPREUKE 9:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
SPREUKE 9:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie iemand so opvoed dat hy 'n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy 'n goddelose word, doen dit tot sy eie skande.
SPREUKE 9:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wie 'n spotter vermaan, haal vir homself skande op die hals, en wie 'n goddelose teregwys, kry 'n klad op sy naam.
SPREUKE 9:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat 'n spotter teregwys, kry vir homself skande; en hy wat 'n goddelose bestraf, kry vir homself 'n vlek.