FILIPPENSE 3:3
FILIPPENSE 3:3 Die Boodskap (DB)
Ons, die Christene, weet mos wat regtig saak maak. Dit hang nie af van wat mense aan jou doen nie, maar wat God aan jou doen. God self (en nie mense nie) het sy hand op ons gelê. Dit is nie sommer net iets fisieks wat met ons gebeur (soos met die Joodse gebruike) nie, maar God se Gees verander ons hart. Wanneer ons met God praat en Hom dien, weet ons dat dit sy Gees is wat ons help. Moenie my misverstaan nie. Ek sê nie dit is ons wat so goed is nie. Nee, ek sê dit omdat Jesus dit vir ons moontlik gemaak het. As dit wat God aan jou doen iets is wat regtig saak maak, staan ek nie ’n duim vir die ander terug nie.
FILIPPENSE 3:3 Bybel vir almal (ABA)
Ons het die regte besnydenis, want die Gees van God help ons om vir God te dien. Ons is trots op Christus Jesus, en ons het self dinge reggekry, maar ons weet daardie dinge sal ons nie red nie.
FILIPPENSE 3:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie
FILIPPENSE 3:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het die ware besnydenis, óns wat God deur sy Gees dien, óns wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie.
FILIPPENSE 3:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ons is die besnydenis, ons wat God deur sy Gees dien, ons wat ons op •Christus Jesus beroem, en nie op die liggaamlike dinge vertrou nie