FILIPPENSE 3:21
FILIPPENSE 3:21 Die Boodskap (DB)
Hy gaan ons liggaam nuut maak soos sy liggaam is na sy opstanding, verhewe en heerlik. Hy sal dit doen omdat Hy baie sterk is, want sy krag oortref alle ander krag. Wat Hy wil, dit kan Hy doen.
FILIPPENSE 3:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.
FILIPPENSE 3:21 Bybel vir almal (ABA)
Sy krag is groot, Hy regeer oor alles. Hy sal sy krag gebruik om ons wat swak is, te verander sodat ons soos Hy sal wees, Hy wat Koning is.
FILIPPENSE 3:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
FILIPPENSE 3:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.