FILIPPENSE 3:2
FILIPPENSE 3:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Pas op vir daardie dwaalleraars; pas op vir daardie mense wat kwaad stig; pas op vir daardie betekenislose besnydenis!
FILIPPENSE 3:2 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet oppas vir daardie slegte mense wat vir julle verkeerde dinge leer! Julle moet oppas vir daardie mense wat slegte dinge doen! Julle moet oppas vir daardie mense wat altyd almal wil besny!
FILIPPENSE 3:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding.
FILIPPENSE 3:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waak teen die honde! Waak teen die kwaadstokers! Waak teen die afsnyding!
FILIPPENSE 3:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pasop vir honde, pasop vir bose werkers, pasop vir die beknoptheid.
FILIPPENSE 3:2 Die Boodskap (DB)
Wees baie versigtig vir daardie skelms wat maak asof hulle vir Jesus werk, maar eintlik net die teenoorgestelde doen. Kyk hoe sleg tree hulle op. Dit wys mos vir julle wat hulle ware gedaante is. Oppas, al waarin daardie mense belangstel, is om julle te dwing om Joodse gebruike na te kom, soos om julle te laat besny. Moenie julle daaraan steur nie.