FILIPPENSE 3:15
FILIPPENSE 3:15 Bybel vir almal (ABA)
Ons almal wat vas glo, moet so dink. As een van julle nie so dink nie, dan sal God vir julle help om reg te dink.
FILIPPENSE 3:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
FILIPPENSE 3:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.
FILIPPENSE 3:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat ons, wat geestelik volwasse is, so hieroor dink; maar as julle anders hieroor dink, sal God dit wel aan julle bekend maak.
FILIPPENSE 3:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat ons dan, almal wat volmaak is, so gesind wees: en as julle in iets anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.