FILIPPENSE 3:10
FILIPPENSE 3:10 Bybel vir almal (ABA)
Nou ken ek Hom en ek voel sy krag in my lewe, die krag wat Hom weer laat lewe het. Ek kry ook swaar, soos Hy swaargekry het. Ja, ek sterf soos Hy gesterf het
FILIPPENSE 3:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word
FILIPPENSE 3:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood
FILIPPENSE 3:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en sodat ek Christus kan ken, die krag van sy opstanding, en die verbondenheid met sy lyding, deur aan sy dood gelykvormig te word
FILIPPENSE 3:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat ek Hom kan ken, en die krag van sy opstanding en die gemeenskap van sy lyde, wat aan sy dood gelykvormig gemaak word
FILIPPENSE 3:10 Die Boodskap (DB)
Een ding wil ek nou regtig graag hê, en dit is om Jesus te ken. Daardie krag wat Jesus lewend uit die graf laat uitstap het, wil ek ook hê. Ek wil nie weghardloop vir lyding soos Jesus s’n nie, al beteken dit ook dat ek soos Hy moet sterf.