FILIPPENSE 3:1
FILIPPENSE 3:1 Bybel vir almal (ABA)
Daar is nog iets wat ek vir julle wil sê. My vriende, julle moet bly wees, want julle behoort aan die Here! Dit maak my nie moeg om dieselfde dinge weer en weer vir julle te skryf nie, want dit is goed vir julle.
FILIPPENSE 3:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.
FILIPPENSE 3:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder, my broers, wees bly in die Here! Om dieselfde dinge aan julle te skrywe, is vir my nie moeite nie, en vir julle gee dit sekerheid.
FILIPPENSE 3:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verder, my broers, wees bly in die Here. Om dieselfde dinge aan julle te skryf, is nie vir my moeite nie, en aan julle gee dit vastigheid.
FILIPPENSE 3:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ten slotte, my broers, verbly julle in die Here. Om dieselfde dinge aan jou te skryf, is vir my weliswaar nie swaar nie, maar vir jou is dit veilig.
FILIPPENSE 3:1 Die Boodskap (DB)
Liewe broers en susters, voor ek klaar is, is daar nog iets belangriks wat ek vir julle wil sê: moenie dat enigiets julle onderkry nie. Wees altyd oortuigend en opgeruimd. Julle is mos Christene wat die Here ken. Dit pla my nie om dieselfde dinge weer ’n keer aan julle te skryf nie. Dit kan mos nie kwaad doen nie, maar so sal julle net sekerder van julle saak word.